No under 18s

Tollie Parton: Hoe om oor jouself te kom! (@ Die Centurion Teater)

Fri Jan 26, 19:30 - Sat Jan 27, 20:45

Die Centurion Teater

ABOUT

Politiek, hoe moeilik kan dit wees? ’n Fopdosser in die parlement? Is ons gereed? Kan ons oor onsself kom om dit moontlik te maak, of drink ons teveel pille? “Hoe om oor jouself te kom” is Tollie Parton se nuwe show wat sy in samewerking met Nico Scheepers geskep het. ’n Humoristiese blik op die binnewerking van Tollie se brein, en hoekom sy besluit het om … ag, kom kyk. 

 

Tollie is nie vir fyngevoeliges nie. Haar skote is sterker as ooit en as jy braaf genoeg is om die uur deur te sit, wag daar ’n verrassing aan die einde. Jy weet? Ons almal soek mos ’n happy ending. En wie weet? Dalk het sy die oplossing? Dalk deel sy haar GROOT geheim. Snaaks, en bietjie TE eerlik. Kom, KOM!


Met Wynand Kotze 

Vervaardiger WEER-produksies 

Regie en Teks Nico Scheepers & Wynand Kotze

Musiek Loki Rothman 


Teksontwikkeling ondersteun deur Toyota US Woordfees & NATi

DIRECTIONS

Tollie Parton: Hoe om oor jouself te kom! (@ Die Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions