Laerskool Noord met Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, Ilne Fourie, Neels Coetzee (@ Die Centurion Teater)
Sun Mar 3, 15:00 - Fri Mar 8, 20:45
Die Centurion Teater
ABOUT
Laerskool Noord se leuse is “Kyk noord en stoot voort”, maar in hierdie lekkerlag-produksie is dit allesbehalwe die geval. Drie onderwyseresse beplan ’n verrassingsafskeidspartytjie vir hul skoolhoof se aftrede. Tussendeur die netbaljuffrou, Zelda de Wet, se vreeslose fluitjie, Bets du Preez se dramatiese deurmekaar administrasie en kaftans, en die sorglose Marietjie wat probeer om die wit vlaggie van vrede te laat wapper met haar glitter stickers en sticky notes, is hierdie personeelkamer ’n tikkende tydbom. Nou wag almal net vir die aankondiging oor wie die nuwe hoof van Laerskool Noord gaan wees. Laerskool Noord is ’n komiese kykie na wat werklik agter die swartbord gebeur.
‘n Komedie met Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, Ilne Fourie, Neels Coetzee
Regie: Gideon Lombard
Teks: Ilne Fourie
Ouderdomsbeperking: Geen onder 13s
Genre: Toneel - Komedie
Laerskool Noord is 'n lekkerlag komedie- perfekte manier om die nuwe jaar af te skop. Dis ‘n komiese kykie na wat werklik agter die swartbord gebeur. Skrywer, Ilne Fourie, bekend vir haar RSG-radiodramas, kleur met haar tong-in-die-kies humor en pittige waarnemingsvermoë hierdie karakters so in dat iedereen van ons sonder twyfel een van ons oud-onderwyseresse sal herken. Gideon Lombard, bekroonde akteur en regisseur, hou almal se varkies, en in Meneer se geval, poedels op hok. Die produksie word geskep in samewerking met Vrystaat Kunstefees en Aardklop en NATi.