No under 16s

Mandri en Schalk 12 Feb 2024 (Preview Show)

Mon Feb 12, 18:30 - Mon Feb 12, 20:30

1004 Manhattan Place, 130 Bree Street, Cape Town

ABOUT

Hierdie vertoning vorm deel van ons 3 Preview Shows. Van dit gaan snaaks wees, van dit dalk nie. Die teks mag dalk nog in die hand wees en ons sal graag julle terugvoer wil hoor.


Mandri en Schalk hou albei van komedie, optree en huise. Hierdie is dus 'n vertoning vir mense wat hou van komedie en optredes in huise. 'n Unieke, intieme ervaring wat groot pret beloof vir gehore... in 'n huis. Kaartjies word beperk tot 50 of 60 mense per vertoning. In sekere gevalle, selfs minder. Moet asseblief nie te lank wag om te bespreek nie. Jy gaan lag, jy gaan nie huil nie en jy gaan dit nie wil misloop nie! So koop 'n kaartjie en maak 'n verskil. Die kinders het jou nodig! In kort: Mandri en Schalk doen 'n show kom kyk asseblief as julle lus is dankie.


'n Boodskap van die kunstenaars: 

"Hallo julle! Dis Mandri en Schalk hiesô. Ons sal dit VERSKRIKLIK waardeer as julle ons show kom kyk. Ons belowe humor, artikulasie, alliterasie en nog humor. Baie dankie."


Agtergrond van die kunstenaars:

Lank, lank gelede was daar twee krulkoppe gebore, een in Standerton en een in Kempton Park. Hulle is gebore sonder enige boeties of sussies. Die twee enkel kinders se lewens was nie altyd maanskyn en rose nie. Hulle was elke Desember of in die Wildtuin of by Buffelspoort se ATKV oord, in die karavaan park en het elke Blou Bul game by Loftus gekyk. In 2023 het hulle mekaar op ‘n glyplank in Kaapstad ontmoet en nou is hulle nie meer so alleen nie. Dis die kort van die 


18h30 vir 19h00*

Gratis CANCAN wyn*

DIRECTIONS

Mandri en Schalk 12 Feb 2024 (Preview Show)
1004 Manhattan Place, 130 Bree Street, Cape Town
130 Bree St, Cape Town City Centre, Cape Town, 8000
Get Directions