Plaas Dans
Sat Dec 30, 18:00 - Sun Dec 31, 02:00
Boeretroos
ABOUT
Boerman & Boeretroos span saam en bring vir julle PlaasDans op Saterdag 30 Desember 2023.
Ons laai die trekker met hout en sodra die son begin sak steek ons die vure aan. Met ietsie koud in die glas staan ons om die vuur en vertel stories, maak grappe en geniet die dag met ou en nuwe vriende.
Ons sal die braaivleis vure reg he as jy n vleisie wil bring om op die kole te gooi, braai pakke sal ook beskikbaar wees op die dag. Kinders is ook welkom om saam met Mamma en Pappa te kom baljaar. Daar is baie aktiwiteite wat die kinders kan geniet.
Boerman sorg vir lekker dans musiek om julle tot laat nag op die dansvloer besig te hou.
Ons hoef ook nie bekommerd te wees oor krag onderbreekings nie…Dis n plaas hier maak ons n plan, krag sal daar wees.
Kaartjies R150 per volwasse.
Kinders onder 16 gratis.
Welkom om U eie coolerbox te bring met drankies en vleis.
Daar sal baie sitplek binne en buite wees.
Deure maak 18:00 oop met vure waar U kan braai, dansvloer maak 20:00 oop.