Lollos Skattejag Vertoning

Wed Dec 20, 10:30 - Wed Dec 20, 11:30

NG Kerk Onrusrivier

ABOUT

Lollos en Lettie is terug vir hul grootste avontuur nog!

Disco en Karla verras Lollos en Lettie met ’n bootrit na ’n pragtige tropiese eiland! Maar o gits - iets loop skeef en hulle moet ’n plan beraam as hulle weer by die huis wil kom. Gelukkig vind hulle ’n skatkaart met raaisels wat hulle kan help. Lettie, Disco en Karla kan nie wag om al die lekker leidrade te lees nie. Daar is soveel opwindende raaisels wat hulle moet oplos, maar die grootste raaisel van almal: hoekom wil Lollos nie ook leidrade lees nie?

Maats, die Lalalanders het julle hulp nodig - kom saam op die skattejag en help hulle interressante struikelblokke trotseer terwyl hulle die spesiale eiland verken. Hierdie opwindende vertoning is propvol energieke liedjies soos Seerowers, Gomgompie, Paddakonsert en Bons dat dit Gons.

Gryp ’n vergrootglas en kom dans saam - laat die skattejag begin!