FREE OPTIONS

Die Wasgoedlyn at Backsberg

Sun Feb 5, 15:00 - Sun Feb 5, 20:30

Backsberg

ABOUT

Valve House Studios, Backsberg en Die Wasgoedlyn het hande geneem om meer as 15 Afrikaanse kunstenaars op een verhoog aan te bied. Op Sondag 5 Februarie 2017, gaan kunstenaars soos Anton Goosen, Piet Botha, Valiant Swart, Albert Frost, Akkedis, Willim Welsyn, Theo Crous, Churchil Naudé, Riku en Jackie Lätti, Frazer Barry en vele meer, die stories agter hul musiek op die piekniekgras vertel.

Hierdie vertoning gaan ook verfilm word as die laaste episode van Die Wasgoedlyn se tweede seisoen op kykNET.

“Afrikaans het ‘n slegte reputasie in sy verlede opgedoen, maar ons is nou hier om die saak reg te stel.”Dié woorde van Riku Lätti verklap sy redes hoekom hy met die TV-reeks Die Wasgoedlyn, wat tans op kykNET verskyn, vorendag gekom het. Sedert 2014 het Lätti en sy span die land platgereis om Afrikaanse liedjieskrywers en sangers in hul huise te verfilm sodat die kunstenaars sélf die storie agter die musiek kan vertel.
 
*Deure open om 15:00 | Vertoning begin 16:00
*Geen eie alkohol word toegelaat nie, maar sal by die lokaal te koop wees.
* Beperkte kaartjies beskikbaar.
 
Bring jou kombers en stoel en kom vier jou taal in ware rock 'n roll styl te midde Backsberg se ou eikebome en wêreldklas wyn.

*********************************************************************************
On Sunday 5 February 2017, Valve House Studios will host more than 15 artists at Backsberg for the final show of kykNET's Die Wasgoedlyn’s second season. Names like Anton Goosen, Piet Botha, Valiant Swart, Albert Frost, Akkedis, Willim Welsyn, Theo Crous, Churchil Naudé, Frazer Barry, Riku en Jackie Lätti and many more will tell their stories on stage.

This event will be filmed and aired on kykNET in 2017.

“Afrikaans has attained a bad reputation in the past. We’re here to set the record straight.” These words by Riku Lätti divulges his reasons for starting Die Wasgoedlyn on DStv’s Afrikaans channel kykNET. Since 2015, Lätti and his production crew have travelled the country to visit the homes of a few of South Africa’s legendary Afrikaans singers and songwriters. This way, the artist gets to tell the story behind their music in the comfort of their own home. Now, fans will also be able to enjoy these stories on the renowned picnic lawn of a world-class wine estate.

*Limited tickets will be available at the door for R215 (excludes picnic basket).
*Doors open at 15:00 and show starts at 16:00.

Bring your blanket and chair and come celebrate Afrikaans in true rock 'n roll style.