Family friendly

Kom laat ons Dans en Sing, Vol. 3.

Tue Dec 5, 18:00 - Tue Dec 5, 20:30

HS Jan van Riebeeck Skoolsaal

ABOUT

’n Musiekteaterskouspel, met meer passie en woema

 

Na twee jaar se uiters suksesvolle vertonings van Kom Laat Ons Dans en Sing, vol. 1  in 2021 en Vol. 2 in 2022, bring Hoërskool Jan van Riebeeck die nuwe, “verbeterde” musiekteaterbelewenis van 2023:  Kom laat ons Dans en Sing, Vol. 3.


Hierdie produksie word aangebied deur die musiekstudente van die Welgemeend Skool vir Musiek saam met die Musiekteaterklub van die Hoërskool Jan van Riebeeck.


Ons vertel die storie van hoe Kom Laat Ons Dans en Sing begin het, en besoek weer ’n paar treffers van die laaste twee jaar.  Kom laat ons Dans en Sing, Vol. 3, is propvol bekende treffers van die Disney Renaissance soos The Little Mermaid, Beauty and The Beast, Moana, Anastasia en Hercules, en verder figureer musiekteaterliedjies uit produksies soos The Sound of Music, Les Misérables, The Greatest Showman, asook 'n paar nuwe musiekteateruittreksels uit In the Heights.

Met soveel meer as net musiek, dans en teateruitbeeldings is hierdie ’n prettige en vreugdevolle aand vir die hele gesin. Kom geniet kultuur op sy beste en vertrek op ’n avontuur van teaterspel saam met die musiekteaterklub van die Hoërskool Jan van Riebeeck.


Kaartjies beloop R50 op die galery, R100 vir ’n kaartjie in die skip van Hoërskool Jan van Riebeeck se skoolsaal en geniet mooi musiek en uitmuntende teaterspel. Daar sal ook ’n kontantsnoepie beskikbaar wees.


Met choreografie deur Rushney Ferguson en musiekregie deur Regina Malan, is hierdie nog ’n produksie van die regisseurs van die onlangse suksesvolle opvoerings van Hairspray en Matilda in die Baxter-teater.

Moenie hierdie vertoning misloop nie! Onthou, dit is “One Night Only”!

 

DIRECTIONS

Kom laat ons Dans en Sing, Vol. 3.
HS Jan van Riebeeck Skoolsaal
129 Kloof St, Gardens, Cape Town, 8001
Get Directions