Elzabé Zietsman - Routrip
Fri Jan 26, 20:00 - Fri Jan 26, 21:30
SPACE Modern
ABOUT
Na ‘n suksesvolle debuut by the US Toyota Woordfees sal Elzabé Zietsmanse splinternuwe eenvroutoneelstuk “Routrip” 26 Januarie 2024 by SPACE Modern in Hermanus te sien wees.
Ná ’n mislukte selfdoodpoging en drie weke in ’n psigiatriese kliniek, pak Helena haar karretjie met een tas klere en bokse vol familie-items wat sy haar lewe lank bymekaarmaak – van ’n lappieskombers tot ’n alsiende glasoog. Met niks om te verloor nie, begin haar tragikomiese reis deur die land om haar versameling uit te deel en finaal van mense afskeid te neem. Gewapen met humor, ignoreer sy die wanhoop en leef sy vreesloos, vry en, op die oog af, sorgeloos.
“Die stuk laat mens anders na die aard van depressie kyk, en beslis met die nodige sensitiwiteit en patos. Dit waardeur Helena gaan, klink bekend, maar haar benadering tot dit waarmee sy worstel is insiggewend. Die stuk, met regie deur Maralin Vanrenen en klankbaan deur Coenie de Villiers, bevat ‘n goeie skeut humor en karakters van oraloor wat ‘n mens in die samelewing herken.” - AJ Opperman Netwerk24 10 Oktober 2023
Routrip, uit die pen van Johann Slabbert, is ‘n gelaaide drama komedie vol nuwe wendings wat, soos meeste mense, op die fyn lyn tussen lig en donker/lag en trane balanseer.
Zietsman is benoem vir ‘n Woordfees Trofee vir die “Beste prestasie in ‘n Solostuk” vir haar spel in Routrip.
Moontlik gemaak deur die US Woordfees.