No under 16s

Mel die Storieverteller - Middelburg - Almal is MAL!

Wed Dec 6, 17:00 - Thu Dec 7, 20:30

Silverspoon.

ABOUT

Mel die Storieverteller kom Middelburg toe... vir 'n intieme vertoning by SilverSpoon


Almal is MAL! spring uit die pen van skrywer, komediant en sosiale media sensasie, Mel die Storieverteller.


Die debuut vertoning verkoop uit by die Atterbury teater en is ‘n reuse sukses onder die 400 gehoorlede wat skater van die lag. Met rasende 5-ster resensies vat die vertoning vinnig vlam en gou soek almal haar op hulle verhoeë. Mel word teruggenooi na die Atterbury op populêre aansoek en verkoop weer uit. Die stuk word ook deel van Centurion Teater se "Lekker-Lag-Fees" en nou toer Mel reg oor Suid-Afrika om komiese verligting te saai. Kaartjies vlieg vinnig en die lagspiere werk omtrent.


"Almal is Mal!" is 'n komiese teks wat vertel van Mel se ervaringe in Londen as ‘n 21- jarige konserwatiewe meisie van Middelburg en hoe sy vinnig besef het dat almal in die wêreld eintlik mal is (party steek dit net baie beter weg as ander).


Mel deel humoristiese staaltjies oor die drie wesens saam wie sy ‘n kamer moes deel, hoekom sy matte bo teëls verkies en die vier vlakke tydens ‘n huis partjie. Sy stel ook haar dronk alter-ego, Melissa, aan ons voor. Die grappies is skerp en vinnig op mekaar. Daar is ook altyd plek vir ‘n bietjie gehoor interaksie en geselsies.


Perfek vir gehore, mans en vroue, wat hou van skoon (soms suggestiewe) humor en interessante, onverwagse stories en staaltjies.


Ouderdomsbeperking: Geen onder 16s

Vertoning duur: 70-80 minute

Styl: Komiese storievertelstyl 

Deure Open: 17:00 (vir aandete diens)

Show Begin: 19:00

Eet en Drinkgoed beskikbaar

DIRECTIONS

Mel die Storieverteller - Middelburg - Almal is MAL!
Silverspoon.
145 Cowen Ntuli St, Gholfsig, Middelburg, 1050
Get Directions