Boerman Markietie 2
Sat Nov 25, 20:00 - Sun Nov 26, 02:00
Brickfields Market
ABOUT
Na die vorige Markietie by Brickfields Market het ons besluit ons het so lekker saam met julle gekuier dat ons 25 November nog een daar doen.
Kom laat middag, geniet sundowners saam met die Boerman span en probeer ook van die groot verskeidenheid kosse wat Brickfields Market aanbied.
Sodra die son sak draai Boerman die musiek n bietjie harder en ons skop die skoene uit….Dit is dan tyd om te dans.
Ons speel lekker Afrikaanse Musiek, 80’s, 90’s, Oldies, Rock & Roll, Country, Langarm, Sokkie en vele ander lekker kuier musiek. Ons offer n lekker saam kuier geleentheid vir die hele gesin waar ons wil he almal moet na die aand huis toe gaan met nuwe vriende wat hulle by die Boerman Markietie ontmoet het. Ons het ook n veilige speel area waar die kinders kan lag, hardloop en speel.
Ons is n groep mense wat lekker saam lag, saam kuier, n goeie tyd wil he sonder enige snaakse goedtjies en geen slegte gedrag sal geduld word nie. Om seker te maak almal geniet hulle self het ons ook n beperking op hoeveel kaartjies ons beskikbaar maak vir elke dans wat ons doen om te voorkom dat dit te besig en onaangenaam is.
Ons bied n verskeidenhied danse aan by veskillende venues en sien uit om almal persoonlik te ontmoet wat saam met ons kom kuier. Volg ons op al die social media channels vir meer informasie.