Bonjour Monsieur Brel

Mon Dec 18, 19:30 - Mon Dec 18, 21:00

Studio 42

ABOUT

In Bonjour Monsieur Brel word Jacques Brel se beeldryke tekste in vier tale gesing deur Jannie du Toit en begelei deur ’n musiekensemble van klavier, tjello en kitaar. Jannie is dekades reeds ’n hoog aangeskrewe Brel-vertolker en ’n standhoudende eksponent van uitnemendheid in liedkuns, onder andere in Nederlands. Veral twee Nederlandse Brel-liedere – Madeleine en Liefde van later –  vestig hom vroeg in die negentigerjare as Brel-vertolker. Brel se geniale beeldende skryfwerk kom in die vertoning na vore en is soos alle groot kuns, tydloos.

DIRECTIONS

Bonjour Monsieur Brel
Studio 42
Sedgefield, 6573
Get Directions