Netwerk24 en Die Burger se sakeontbyt
Fri Nov 10, 09:00 - Fri Nov 10, 11:00
The Red Leaf Bistro, Beyerskloof Wines
ABOUT
Die gewilde skrywer Deon Meyer is die gasspreker op Netwerk24 en Die Burger se sakeontbyt in Stellenbosch volgende maand.
Die geleentheid word by The Red Leaf Bistro op die wynlandgoed Beyerskloof gehou en begin om 08:30 vir 09:00.
Die joernalis en TV-aanbieder Susan Booyens gaan ’n gesprek met Meyer voer oor onder meer sy jongste boek, Leo, wat eersdaags bekendgestel word. Daarbenewens sluit die sakeontbyt se program ook ’n paneelgesprek in, onder leiding van die Netwerk24-joernalis Mia Spies. Die gespreksonderwerp is die stand van Suid-Afrika se ekonomie. Die paneel bestaan uit die ekonome Craig Lemboe en Johan Fourie, sowel as die Netwerk24-joernalis Llewellyn Prince.
Die sangpaar Jack & June gaan vir die vermaak sorg.
’n Heerlike ontbyt voorberei deur The Red Leaf Bistro se kombuis, sowel as koffie en tee rond die program af.
Die sakeontbyt beloof om ’n geleentheid te wees wat mense nie sal wil misloop nie. Belangstellendes wat dit wil bywoon, moet vinnig spring – daar word slegs ’n beperkte getal kaartjies vir hierdie geleentheid verkoop.
Die kaartjies kos R450 per persoon wat 'n geskenk insluit.
Stuur e-pos aan [email protected] vir meer inligting en navrae oor die geleentheid.