Paddanag in Bloemfontein 2023
Fri Nov 24, 17:00 - Fri Nov 24, 23:00
Blue Rain Gastehuis
ABOUT
Die Paddanag in Bloemfontein is 'n geleentheid vir oud en jonk om saam 'n wonderlike aand te geniet.
Almal welkom.
Kaartjies word per kop gekoop vir elke individu wat kom.
Slegs kinders onder 3 jaar is gratis.
Paddanag in Bloemfontein 2023
Kinders onder 3 gratis maar verder koop ELKE besoeker 'n kaartjie.
Plek is by Blue Rain Gastehuis (Woodland Hills Boulevard). Jy kan dit bloot intik op Google (Blue Rain Gastehuis).
Almal is welkom maar ons praatjie gebeur normaalweg in Afrikaans. Vrae is welkom! Engelse kinders en gesinne welkom. Dit is BESLIS kindervriendelik.
Pak jou piekniekmandjie.
Bring reënstewels en flitse of koplampe. Bring ook 'n net of houer vir jou paddas.
Geen terugbetaling moontlik.
Reën kanselleer nie die Paddanag nie. Dit gaan voort selfs as dit reën. Slegs in geval van ernstige donderweer sal ons wag dat dit oortrek en verbygaan.
Ouers is ten alle tye verantwoordelik vir hul kinders se veiligheid en die organiseerder en Blue Rain Gastehuis aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige besoeker se veiligheid nie.
Hierdie geleentheid is die hoogtepunt op almal se kalenders en ons verwelkom alle besoekers. Jy is welkom om vriende en familie saam te bring. Jy is ook welkom om te braai en selfs partytjie te hou.
Alle navrae Elrika 0829405783