No under 16s

Mel die Storieverteller - Almal Is Mal! - Oos-Londen

Fri Nov 3, 19:00 - Fri Nov 3, 21:00

Gibson Kente Theatre - Hudson Park High School

ABOUT

Mel kom Oos-Londen toe!!!


Almal is MAL! spring uit die pen van skrywer, komediant en sosiale media sensasie, Mel die Storieverteller.


Die debuut vertoning verkoop uit by die Atterbury teater en is ‘n reuse sukses onder die 400 gehoorlede wat skater van die lag. Vinnig vat die vertoning vlam en nou toer Mel reg oor Suid-Afrika om komiese verligting te saai. Die komiese teks vertel van Mel se ervaringe in Londen as ‘n 21-jarige konserwatiewe meisie en hoe sy vinnig besef het dat almal in die wêreld eintlik mal is (party steek dit net baie beter weg as ander). 


Mel deel humoristiese staaltjies oor die drie wesens saam wie sy ‘n kamer moes deel, hoekom sy matte bo teëls verkies en die vier vlakke tydens ‘n huis partjie. Sy stel ook haar dronk alter-ego, Melissa, aan ons voor. Die grappies is skerp en vinnig op mekaar. Daar is ook altyd plek vir ‘n bietjie gehoor interaksie en geselsies.


Ouderdomsbeperking: Geen onder 16s

Vertoning duur: 60-70 minute (Geen pouse)

Styl: Komiese storievertelstyl

DIRECTIONS

Mel die Storieverteller - Almal Is Mal! - Oos-Londen
Gibson Kente Theatre - Hudson Park High School
Devereux Ave, Vincent, East London
Get Directions