Huweliksreeks - Dr. Jannie Botha
Sun Oct 22, 18:00 - Tue Oct 24, 18:00
George-Bergsig Gemeente
ABOUT
Dr. Jannie Botha is ‘n sielkundige en internasionale motiveringspreker wat met besigheidsmense, professionele sportpersone, huwelikspare en jongmense werk. In sy praktyk as sielkundige spesialiseer hy in verhoudingsterapie en dit is vir hom ‘n passie om egpare te begelei om hulle verhouding te versterk. Hy bied al vir langer as 30 jaar seminare aan vir huweliksverryking.
Jannie besoek George-Bergsig Gemeente van 22 tot 24 Oktober vir ‘n huweliksreeks. Hy kom deel vanuit dekades se ervaring insigte wat elke egpaar kan help om ‘n meer gelukkige en vervullende huwelik te hê. Hierdie unieke geleentheid word gratis aangebied.
Plek: George-Bergsig Gemeente (H/V vierde- en Meyerstraat).
Tyd: Sondag 22 Oktober 08:30 en 18:00
Maandag 23 Oktober en Dinsdag 24 Oktober 18:00
Gratis kinderoppasdiens beskikbaar (beperkte hoeveelheid, bespreking noodsaaklik).