Boerman Markietie
Sat Nov 4, 20:00 - Sun Nov 5, 02:00
Brickfields Market
ABOUT
Kom Dans Onder Die Sterre.
Boerman Markietie Dans by Brickfield Market Saterdag 4 November 2023.
Op Saterdag 4 November maak ons musiek…Lekker Dans musiek by die splinter nuwe Brickfield Market wat oop gemaak het oorkant die Devondale Golf Baan op die Bottelary pad.
Binne is daar n groot verskeidenheid kos stalletjies wat kos maak en n kontant kroeg.
Buite maak ons sit plekke reg met n dansvloer. Ons speel lekker Afrikaanse Musiek, 80’s, 90’s, Oldies, Rock & Roll, Country, Langarm, Sokkie en vele ander lekker kuier musiek.
Neem asb kennis dat ons die dans buite doen end it dalk koud kan raak later die aand so bring iets warm saam.
Dansvloer maak 20:00.
R100 per Volwasse
R75 per Kind
Kontant Kroeg en kos beskikbaar, geen drank mag in gevat word nie.
Reg Van Toegang Voorbehou. Ingang Op Eie Risiko.