No under 18s

Mel die Storieverteller - Stellenbosch - Almal is MAL!

Sun Nov 26, 13:00 - Sun Nov 26, 17:00

The Daisy Jones Bar

ABOUT

Mel die Storieverteller kom Stellenbosch toe... en sy bring vir Edo Mostert saam.


Almal is MAL! spring uit die pen van skrywer, komediant en sosiale media sensasie, Mel die Storieverteller.


Die debuut vertoning verkoop uit by die Atterbury teater en is ‘n reuse sukses onder die 400 gehoorlede wat skater van die lag. Met rasende 5-ster resensies vat die vertoning vinnig vlam en gou soek almal haar op hulle verhoeë. Mel word teruggenooi na die Atterbury op populêre aansoek en verkoop weer uit. Die stuk word ook deel van Centurion Teater se "Lekker-Lag-Fees" en nou toer Mel reg oor Suid-Afrika om komiese verligting te saai. Kaartjies vlieg vinnig en die lagspiere werk omtrent.


"Almal is Mal!" is 'n komiese teks wat vertel van Mel se ervaringe in Londen as ‘n 21- jarige konserwatiewe meisie van Middelburg en hoe sy vinnig besef het dat almal in die wêreld eintlik mal is (party steek dit net baie beter weg as ander).


Mel deel humoristiese staaltjies oor die drie wesens saam wie sy ‘n kamer moes deel, hoekom sy matte bo tee¨ls verkies en die vier vlakke tydens ‘n huis partjie. Sy stel ook haar dronk alter-ego, Melissa, aan ons voor. Die grappies is skerp en vinnig op mekaar. Daar is ook altyd plek vir ‘n bietjie gehoor interaksie en geselsies.


Perfek vir gehore, mans en vroue, wat hou van skoon (soms suggestiewe) humor en interessante, onverwagse stories en staaltjies.


First-come-first-served vir sitplekke

As jy 'n tafel vir 6 of meer wil bespreek

Whatsapp +27 64 968 2015


Ouderdomsbeperking: Geen onder 18s

Vertoning duur: 70-80 minute

Styl: Komiese storievertelstyl 

Deure Open: 13:00

Show begin: 15:00

DIRECTIONS

Mel die Storieverteller - Stellenbosch - Almal is MAL!
The Daisy Jones Bar
Summerhill Wine Estate, Stellenbosch, 7615
Get Directions