No under 13s

30 Jaar - Amanda Strydom: State of the Heart (Spesiale Verjaarsdagviering van die Centurion Teater)

Sat Nov 4, 18:00 - Sat Nov 4, 20:00

Die Centurion Teater

ABOUT

Wat het die Centurion Teater en Amanda Strydom se treffer-produksie in gemeen? Albei vier hiérdie jaar ons 30ste bestaansjaar!


As 'n spesiale vertoning ter viering van die Centurion Teater se verjaarsdag kom makikti Amanda Strydom (met Coenraad Rall) op een van haar geliefkoosde verhoë met haar treffer-produksie en album "State of the Heart", wat ook toevallig hierdie jaar 30 jaar vier. Saam met die vertoning is daar ook 'n spesiale verjaarsdagprogram en 'n paar verrassings wat wag.


Tesame met die Centurion Teater se mees dierbare vriende en kunstenaars, word ons geliefde gemeenskap ook genooi om saam te kom vier op die dag. Daar is wel slegs 'n BEPERKTE aantal kaartjies aan die publiek beskikbaar, so spring gou en kry jou kaartjies.


Die Centurion Teater vier nie net die pragryke geskiedenis van produksies en geleenthede oor die afgelope drie dekades nie, waarin groot liefde vir teater gekweek is onder die gemeenskap, MAAR OOK die blink NUWE baadjie wat die teater oor die afgelope twee jaar aangetrek het en nou reg is om te kroon met 'n opwindende nuwe uitbreiding en aankondiging! (Hou dop, binnekort bekend!) Die Kunste lewe! En die Centurion Teater is trots om aan die voorpunt van daardie herlewing te wees.


Die visie van 'Kunste vir die Gemeenskap' word al lank bevorder deur passievolle mense soos vorige bestuurders, Paulette Reynecke en Debbie Linde, onder andere; En nou word dit verder op die goue pad na die blink kunste-toekoms gelei met nuwe eienaars en bestuurders, Tiaan Kirsten-Lubbe en Lian Sachse.


Kom makiti saam met ons, kunstenaars, vriende en ons gemeenskap! Cheers op 30 jaar en NOG 30 jaar vorentoe!


Meer oor "State of the Heart":


Veelbekroonde doyenne van die kabaretverhoog, Amanda Strydom, het in 1993 "State of the Heart" geskryf en die Dalro- en Showtime-toekennings vir Kabaret van die Jaar en Vertoning van die jaar gewen. “State” was die eerste van haar ses self-geskryf een vrou toneelstukke tot op datum, waarin sy 'n storielyn met musiek integreer om 'n een vrou musiek teater ervaring te skep.

Hierdie ikoniese stuk musiekteater het deur die jare kultusstatus bereik en dit verskaf aan Strydom groot plesier om die 30ste verjaardag van "State of the Heart" by Die Centurion te vier.

Hierdie tydlose liefdesverhaal prikkel saggies aan die Afrikaner-siel en gee 'n blik op die geskiedenis van Suid-Afrika vanaf die twintigerjare tot die laat sewentigerjare. Dit was 'n tyd toe vroue hul plek moes ken, hul velle geperoksideer het (want sproete is algemeen beskou) en mans draadjies gedra en Springboktwak gerook het en Boeremeisies met Boereseuns moes trou.

Die heldin, Maxie de Meyer ('n boeremeisie) raak verlief op Raymond G. Bartlett ('n rooinek) wat toevallig ook 'n R.A.F vegvlieënier is – en 'n drama in die tradisie van Springbokradio-reekse ontvou.

Strydom sing in Engels, Afrikaans, Frans, Duits, Nederlands en Zoeloe en word begelei deur haar jarelange pianis en musikale regisseur, die briljante Coenraad Rall.


Meer oor die oorsprong van die Centurion Teater:


Die Centurion Teater is as konsep gebore in 1993 as passie- en breinkind van Dr Douw Greeff en sy pa, Prof Oppel Greeff. Op daardie stadium was daar min tot geen teaters in die Centurion en weier area wat kon dien as 'n samekoms-landmerk vir die gemeenskap en kunstenaars. Oor drie dekades, met passievolle en ikoniese bestuurders soos Paulette Reynecke en Debbie Linde, het die teater die hart van Centurion geword en het duisende kunstenaars soos Jannie du Toit, Christa Steyn, Amanda Strydom, Sandra Prinsloo, Spoegwolf, Karin Zoid, Koos Kombuis, Anton Goosen, Nataniël, Rocco, Corlea en 'n ontelbare hoeveelheid ander legendariese kunstenaars, tonele en produksies die Centurion Teater verhoog betree.


In 2021, na die pandemie, het die teater, soos die res van die industrie, land en wêreld 'n HERLEWING baie nodig gehad. Tiaan Kirsten-Lubbe en Lian Sachse, twee jong, passievolle en gekwalifiseerde kunste-entrepreneurs het die mantel opgeneem en oor die laaste twee jaar die teater weer 'n baken van kunste en uitnemendheid gemaak, met talle toekennings net in die laaste twee jaar verower onder hul leiding. Dankbaar vir die harde werk en fondasie wat gelê is in die vorige dekades, skitter die Centurion Teater nou helderder as ooit van te vore. Saam met die nuwe en baanbreker uitvoerende kunste kollege, Scenario College for Performing Arts en Enterprise, se stigting lei dié twee weergalose en vreeslose mense die teater in die toekoms in met nog groter drome en planne.

DIRECTIONS

30 Jaar - Amanda Strydom: State of the Heart (Spesiale Verjaarsdagviering van die Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions