No under 16s

Mel die Storieverteller - Almal is MAL! - Kaapstad

Thu Nov 16, 19:00 - Thu Nov 16, 20:10

Toneelhuis

ABOUT

Mel die Storieverteller kom Kaapstad toe. en sy bring vir Edo Mostert saam.


Almal is MAL! spring uit die pen van skrywer, komediant en sosiale media sensasie, Mel die Storieverteller.


Die debuut vertoning verkoop uit by die Atterbury teater en is ‘n reuse sukses onder die 400 gehoorlede wat skater van die lag. Met rasende 5-ster resensies vat die vertoning vinnig vlam en gou soek almal haar op hulle verhoee¨ o.a. Die Koelkamers, Barnyard teaters en selfs klein dorpies se winkelsentrums. Mel word teruggenooi na die Atterbury op popule^re aansoek en verkoop weer uit. Die stuk word ook deel van Centurion Teater se "Lekker-Lag-Fees" en nou toer Mel reg oor Suid-Afrika om komiese verligting te saai.


"Almal is Mal!" is 'n komiese teks wat vertel van Mel se ervaringe in Londen as ‘n 21- jarige konserwatiewe meisie van Middelburg en hoe sy vinnig besef het dat almal in die we^reld eintlik mal is (party steek dit net baie beter weg as ander).


Mel deel humoristiese staaltjies oor die drie wesens saam wie sy ‘n kamer moes deel, hoekom sy matte bo tee¨ls verkies en die vier vlakke tydens ‘n huis partjie. Sy stel ook haar dronk alter-ego, Melissa, aan ons voor. Die grappies is skerp en vinnig op mekaar. Daar is ook altyd plek vir ‘n bietjie gehoor interaksie en geselsies.


Perfek vir gehore, mans en vroue, wat hou van skoon (soms suggestief) humor en interessante, onverwagse stories en staaltjies.


Ouderdomsbeperking:

Geen onder 16s

Vertoning duur:

60-70 minute

Styl: Komiese storievertelstyl 

DIRECTIONS

Mel die Storieverteller - Almal is MAL! - Kaapstad
Toneelhuis
55, Commerce House, 601B Shortmarket St, CBD, Cape Town, 8001
Get Directions