Toneelaand
Fri Sep 8, 18:00 - Fri Sep 8, 20:00
Japie Krige Saal
ABOUT
Na `n dol toneelseisoen wil ons graag vir familie en vriende `n geleentheid bied om te sien waaraan ons leerders so hard gewerk het.
Die vertoning sal om 18:00 begin in die Japie Krige saal by Paul Roos. Die toneelstukke sal opeenvolgend speel met slegs etlike minute tussen elke produksie.
Hierdie jaar het Hoërskool Stellenbosch en Hoër Meisieskool Bloemhof saam gewerk om twee produksies, Eggo en en Narcissus en, te skep wat met mekaar praat.
Hierdie twee produksies saam vorm `n geheelbeeld.
Bogenoemde twee produksies, Eggo en en Narcissus en, het wel `n ouderdomsbeperking van 13 met ouerbegeleiding weens taalgebruik en suggestie.
Hoër Meisieskool Bloemhof het ook `n leerderproduksie, `n Fyn Lyn, aangepak waarvan Lisa de Wet in gr.12 die regie en teks behartig het.
Spesiale dank aan Paul Roos Gimnasium wat vir ons die Japie Krige saal beskikbaar stel om die toneelaand aan te bied.
