Erfenisdag saam Adam Tas
Sun Sep 24, 14:00 - Sun Sep 24, 15:00
Nine Oaks
ABOUT
Kom vier Erfenisdag saam met Adam Tas en 'n fantastiese uitsig!
Jou kaartjie sluit 'n vertoning in van Adam Tas asook toegang tot verskeie kos stalletjies! Ons het ook 'n Tweedehandse mark (Thrift 'n Chill) op die perseel - so kom lekker vroeg en deel in al die vermaak.
Die konsert is onderdak. Stoele en tafels word voorsien.
Kos stalletjies: In die gees van erfenis het ons 'n potjiekos-kompetisie. Deelnemers daarvan kan 'n pot maak van enige kultuur en dit aan die publiek verkoop. Bring asb kontant daarvoor. Daarby sal daar ook pizzas, roosterkoeke en ander smullekkernye beskikbaar wees. Kontantkroeg ook beskikbaar indien jy skoonma ook saamgenooi het.
Geen verversings mag ingebring word nie.
Indien jy vir die potjiekos kompetisie wil inskryf - gaan loer asb op Nine Oaks se sosiale media.
Tydsbeplanning: Die Tweedehandse mark is oop vanaf 10h00 en die kosstalletjies is oop vanaf 12h30. Adam Tas se vertoning begin om 14h00, Sondag 24 September (Onthou Maandag is 'n vakansiedag).
Ons perseel is troeteldier (hondjie) vriendelik - hou asb aan 'n leiband.
Geen video en klank opnames mag van die vertoning gemaak word nie.
Vir enige navrae skakel asb vir Gerrit by 074 426 5772.