No under 16s

Mel die Storieverteller - Worcester - Almal is Mal! 3 Oktober

Tue Oct 3, 18:30 - Tue Oct 3, 20:30

ANNA

ABOUT

3 Oktober - Mel die Storieverteller kom kuier in Worcester by cozy ANNA!


Almal is MAL! spring uit die pen van skrywer, komediant en sosiale media sensasie, Mel die Storieverteller.


Die debuut vertoning verkoop twee keer uit by die Atterbury teater en is ‘n reuse sukses onder gehoorlede wat skater van die lag. Vinnig vat die vertoning vlam en nou toer Mel reg oor Suid-Afrika om komiese verligting te saai. Die komiese teks vertel van Mel se ervaringe in Londen as ‘n 21-jarige konserwatiewe meisie en hoe sy vinnig besef het dat almal in die wêreld eintlik mal is (party steek dit net baie beter weg as ander). 


Mel deel humoristiese staaltjies oor die drie wesens saam wie sy ‘n kamer moes deel, hoekom sy matte bo teëls verkies en die vier vlakke tydens ‘n huis partjie. Sy stel ook haar dronk alter-ego, Melissa, aan ons voor. Die grappies is skerp en vinnig op mekaar. Daar is ook altyd plek vir ‘n bietjie gehoor interaksie en geselsies.


Geen onder 16s.


Vertoning duur: 60-70 minute (geen pouse)


Kaartjieprys R360 (sluit vingerete in)

Beperkte sitplek beskikbaar.


Vingerete vanaf 18:30

Neem sitplek in om 19:00

Vertoning begin 19:15



DIRECTIONS

Mel die Storieverteller - Worcester - Almal is Mal! 3 Oktober
ANNA
2 Distillery St, Langerug, Worcester, 6849
Get Directions