Family friendly

Dayzees | Tussen Seisoene (Hangklip-Kleinmond Ceramic & Porcelain Festival)

Sat Sep 23, 19:00 - Sat Sep 23, 20:00

Kleinmond Stadsaal

ABOUT

Dayzees | Tussen Seisoene

Die vroue-sanggroep Dayzees, wat al vir meer as 'n dekade musiek maak in die Overberg-omgewing, sien uit daarna om deel te wees van die 2023 Hangklip Kleinmond Keramiek- en Porseleinfees. Op Saterdag 23 September, by die Kleinmond Stadsaal, is die Dayzees terug met 'n splinternuwe program, Tussen Seisoene, bestaande uit immergroen Afrikaanse liedjies.


Die vier elemente, water, grond, wind en vuur, het hierdie produksie geslyp, net soos elke seisoen een van hierdie elemente verteenwoordig.


So maak jouself reg om deur die melkweg te reis en weer jou voete te vind.


MET

Jemima Engelbreght, Lisel Krige en Roelien van Altena

Jeanette Kitching | Kitaar, Mandolien en Perkussie

Gretchen Fourie | Kitaar en Perkussie

Erika Spilhaus | Tjello

Ryno Posthumus | Klavier

Musiekregie en verwerkings: Ryno Posthumus


DIRECTIONS

Dayzees | Tussen Seisoene (Hangklip-Kleinmond Ceramic & Porcelain Festival)
Kleinmond Stadsaal
Main Rd, Kleinmond, 7195
Get Directions