Vrye Weekblad Melkbos-boekefees: Die oerkluts kwyt, Ons is wat ons eet, Liewe Heksie vang vis, Misdaad, Die Roman en Van teks na skerm

Thu Aug 17, 19:00 - Sat Aug 19, 18:00

NG Kerk Melkbosstrand

ABOUT

Vrye Weekblad se 1ste Melkbos-boekefees

 

Van 17 tot 19 Augustus gaan daar boeke geleef word met Vrye Weekblad wat vir die eerste keer in die hartjie van Melkbosstrand boekefees hou.

Melkbosstrand, sowat 30 km van Kaapstad, is net so maklik bereikbaar van Durbanville, Stellenbosch, Langebaan en Bloubergstrand.

Met ’n ellelange strand, die mooiste sonsondergange en interessante eetplekke, winkels en mense, is hierdie die ideale plek om ’n boekefees te hou.

Die fees word grotendeels aangebied by die NG kerk in 11de Laan, met die redakteursete op Vrydagaand 18 Augustus wat by die bekroonde Die Damhuis gehou word.

 

DONDERDAG 17 AUGUSTUS

19:00 Die oerkluts kwyt

Antjie Krog en Antoinette Kellerman, wyd bemind en veel bekroond in die skryf- en teaterwêreld, het albei in 2022 hulle 70ste verjaardag gevier. Met hierdie produksie bring Antoinette hulde aan Antjie se woorde met The Ancient Voiceswat vir die musiek sorg.

Die oerkluts kwyt het verskeie toekennings gewen, onder meer ’n Kanna vir Nicola Hanekom (regisseur) vir die literêre samestelling, en ’n Fiësta vir beste bydrae tot ’n musiekgedrewe produksie vir The Ancient Voices (Nomapostile Nyiti en Lungiswa Plaatjies).

 

NG Kerk, Melkbosstrand – Kaartjies R180

 

 

VRYDAG 18 AUGUSTUS

10:00 Ons is wat ons eet

Herman Lensing, Elmarie Berry

Die Damhuis, Melkbosstrand

 

15:00 Kinderuur: Hoe maak jy kinders lief vir lees?

Nadine Petrick praat met Wendy Maartens, André Trantaal, Verushka Louw, Fiona van Kerwel en Leon-Ben Lamprecht, en daar is n storievoorlesing deur Stephanie Gericke. Hierdie gesprek is gratis vir kinders onder 12.

NG kerksaal, Melkbosstrand

 

18:00 Die redakteursgesprek

Met Max du Preez, Anneliese Burgess, Piet Croucamp en Anastasia de Vries.

Die Damhuis, Melkbosstrand

 

(Kaartjies kos R220 per persoon en sluit ’n ete in. Drankies vir eie rekening. Daar is slegs 70 kaartjies beskikbaar. Spring vinnig!)

 

SATERDAG 19 AUGUSTUS

 

10:00 Liewe Heksie vang vis

Liewe Heksie span haar besem in as ’n visstok, maar dit sukkel. Maar hoekom raak Koning Rosekrans se forelle dan minder? Is dit Liewe Heksie se skuld of die nare Geelheks? Met Margit Meyer-Rödenbeck en Deon van Zyl.

NG kerksaal, Melkbosstrand – Kaartjies R100

 

11:30 Van teks na skerm/Skerm na teks

Ilza Roggeband praat met Louis Pretorius, Rene van Rooyen en Corné van Rooyen oor die verwerking van boeke na flieks en TV-reekse, asook Louis se nuwe boek, Kompleks, wat reeds as TV-reeks uitgesaai is.

NG kerksaal, Melkbosstrand

 

12:30 Middagete

Etes sal te koop wees in die atrium langs die kerksaal.

 

14:00 Misdaad

Jonathan Amid praat met Rudie van Rensburg, Erla Diedericks, P.P. Fourie en François Bloemhof oor hulle nuwe misdaadromans.

 

15:00 Albert Maritz in gesprek met Herman Lategan oor sy boek Hoerkind

NG kerksaal, Melkbosstrand

 

16:00 Die Roman

Jonathan Amid praat met Nicole Jaekel Strauss (Deelfontein), Jaco Wolmarans (Dolos) en Michiel Heyns (Each Mortal Thing) oor hulle romans.

NG kerksaal, Melkbosstrand

 

Boekwinkel word deur books books books hanteer. Alle boeke wat bespreek word, sal te koop aangebied word.

Kos, koffie en koeldrank is deurentyd beskikbaar.

 

NAVRAE

[email protected]

DIRECTIONS

Vrye Weekblad Melkbos-boekefees: Die oerkluts kwyt, Ons is wat ons eet, Liewe Heksie vang vis, Misdaad, Die Roman en Van teks na skerm
NG Kerk Melkbosstrand
11th Ave, Melkbosstrand, Cape Town, 7437
Get Directions