No under 18s

Tollie Parton (WynVirDiePyn): Live! (Lekker-Lag Fees 2023 @ Die Centurion Teater)

Wed Oct 4, 19:30 - Wed Oct 4, 20:30

Die Centurion Teater

ABOUT

Hiérdie is DEFINITIEF jou HEEL HEEL LAASTE kans om hiérdie spesifieke show van Tollie Parton te sien in Pretoria!

As jy dit nog nie gesien het nie, waar was jy?! En as jy al het, kom weer!


In November bring Wynand en Tollie hulle splinternuwe show: 'Hoe om oor jouself te kom!' Dis soos 'n sequal, maar jy MOET eers die eerste een gekyk het!


Met spesiale gas, RiRi Rouge!


Tollie Parton is WynVirDiePyn van TikTok-faam se liefdesbrief aan homself, met ’n vet middelvinger aan enigiemand wat steeds dink gaywees is ’n onvergeefbare sonde. Hierdie Tollie dra geen beskerming nie en waarsku almal om ’n myl ver te staan as sy haar skote skiet. Onsmaaklik, maar eerlik; hartseer en dikwels afskuwelik snaaks.


Hou vas jou pêrels, kêrels, Tollie is out to play.


-----


Die Centurion Teater LEKKER-LAG Fees 2023 bou voort op die groot sukses van 2022 s'n en bring hierdie jaar NOG MEER skreeu-snaakse komediante op die planke vanaf Sept tot Okt 2023 in mag-nie-misloop vertonings.


“In donker dae kan ‘n giggel die straal lig wees wat almal nodig – tot Eskom kan nie ‘n lag afsit nie,” sê Tiaan Kirsten-Lubbe en Lian Sachse, bestuurders en eienaars van die teater.

DIRECTIONS

Tollie Parton (WynVirDiePyn): Live! (Lekker-Lag Fees 2023 @ Die Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions