Family friendly

PRG Toneelweek: Broers & Valdeur

Tue Jul 25, 19:00 - Wed Jul 26, 18:00

Japie Krige Hall

ABOUT

PRG TONEELWEEK BIED AAN 'BROERS' & 'VALDEUR'

aangebied deur Paul Roos Gimnasium


 

Met die afskop van die derde kwartaal het die tyd aangebreek vir PRG se eerste kultuuraangeleentheid van die jaar. Die PRG Toneelweek sluit die aanbied van twee top-gehalte toneelstukke in en word gewoonlik in aanloop tot die land se grootste tienertoneelkompetisies aangebied. Dit gee Paul Roos se produksiespanne die geleentheid om hul toneelstukke voor gehore te slyp voor hulle teen van die land se beste toneelgroepe in kompetisies soos die Klein Libertas Toneelfees, Fraserburg Logan Toneelfees, Hoërskool Durbanville Toneelfees en die ATKV-Tienertoneelkompetisie deelneem. Beide toneelstukke is nuutskeppinge en die regie word deur twee uitsonderlike PRG-onderwysers en teaterkenners by name van Jan-Hendrik Opperman en Brink Nelson behartig.

 

BROERS:



’n Ongeluk keer ’n oudste broer se wêreld om. Groot besluite moet geneem word, maar die verskeie invloede help nie juis die saak nie. Aanvaar, verander of onttrek? Dit bly egter Gideon se grootste vraag. Dramaturg: Esmé de Wet. Regie: Jan-Hendrik Opperman. Akteurs: Joshua Andreas Kritzinger, Dieter de Kock, Ian Lubbe, Paul Badenhorst, Liam Clarke en Kobus Kotze.

 

VALDEUR:


Oor die generasies word name oorgedra - die vraag bly staan, is dit 'n goeie of 'n slegte ding? 'n Groep vriende werk aan 'n taak en ontdek geheime van hul herkoms. Maar, iets het by die valdeur gebeur. Hoe sal hierdie insident die intrige beïnlvoed? Wie is Niël Burgert van Dijk werklik, oftewel, wie wil hy wees? Dramaturg: Esmé de Wet. Regie: Brink Nelson. Akteurs: Daniël Prinsloo, Steffan Thielen, Fanie Wessels, Altus du Plessis, Zac Theron, Chris van den Berg en Francois Odendaal.

 

Beide produksiespanne (tegnies en akteurs) is opgemaak uit Paul Roos leerders en beide produksies word op die volgende twee aande opgevoer:

 

Dinsdag, 25 Julie

Slegs vir skoolleerders (alle skole welkom)

19:00 vir 19:30

Japie Krige Saal, Paul Roos Gimnasium

R20 per kaartjie

Kaartjies by die deur beskikbaar: kontant, Snapscan of kaartbetalings

Navrae vir blokbesprekings: [email protected]

 

Woensdag, 26 Julie

Oop vir die publiek & volwassenes

18:00 vir 18:30

Japie Krige Saal, Paul Roos Gimnasium

R50 per kaartjie

Kaartjies beskikbaar by Quicket | PRG Toneelweek

DIRECTIONS

PRG Toneelweek: Broers & Valdeur
Japie Krige Hall
311 Suidwal Rd, Krigeville, Stellenbosch, 7600
Get Directions