No under 16s

Mel die Storieverteller - Almal is Mal - Klerksdorp

Fri Sep 22, 18:30 - Fri Sep 22, 21:30

Rio Casino, Klerksdorp - Escapades Theatre

ABOUT

Almal is MAL! spring uit die pen van skrywer, komediant en sosiale media sensasie, Mel die Storieverteller.


Die debuut vertoning verkoop uit by die Atterbury teater en is ‘n reuse sukses onder die 400 gehoorlede wat skater van die lag. Vinnig vat die vertoning vlam en nou toer Mel reg oor Suid-Afrika om komiese verligting te saai. Die komiese teks vertel van Mel se ervaringe in Londen as ‘n 21-jarige konserwatiewe meisie en hoe sy vinnig besef het dat almal in die wêreld eintlik mal is (party steek dit net baie beter weg as ander). 


Mel deel humoristiese staaltjies oor die drie wesens saam wie sy ‘n kamer moes deel, hoekom sy matte bo teëls verkies en die vier vlakke tydens ‘n huis partjie. Sy stel ook haar dronk alter-ego, Melissa, aan ons voor. Die grappies is skerp en vinnig op mekaar. Daar is ook altyd plek vir ‘n bietjie gehoor interaksie en geselsies.


Om die aand 'n ekstra op te spice - verwelkom ons sangeres TASHA, Die Kontrak seison 1, op die verhoog vir akoestiese vermaak en sang.


Deure open 18:30 en show begin 19:00. Lede in gehoor het die geleentheid om drankies te bestel by die kroeg in die casino wat hul by tafels kan geniet tydens vertoning.


Geen onder 16s.


DIRECTIONS

Mel die Storieverteller - Almal is Mal - Klerksdorp
Rio Casino, Klerksdorp - Escapades Theatre
Rio Boulevard, Freemanville, Klerksdorp, 2571
Get Directions