Kok en die lawwe Rot

Sat Aug 12, 14:00 - Sat Aug 12, 15:00

National Children's Theatre

ABOUT

Kotie kok is in ‘n toestand, dit is die jaarlikse Vlinder Flapper Fees en hy is oorval met bestellings vir sjokolade koeke, vanilla koeke, arbei koeke en nou het kwaai Matrone nog ‘n bestelling ingesit vir ‘n honderd Mickey Muis koekies ook! Hy sal Marietjie, sy assistant bakker se hulp moet inroep … ongelukkig vir Kotie Kok het Marietjie erg verkoue…. Wat kan nog verkeerd gaan!?


Kotie sal maar aan die werk moet spring en bak en brou deur die nag. Terwyl hy besig is om al die bestandele uit te pak, kom hy tot sy skok agter dat iemand gatjies geëet het in die suikersak! WAT!? Dit is die laaste strooi!


Riekie rot sit natuurlik agter die gatjies in die suikersak maar hierdie keer is Riekie nie die enigste stouter nie! Kom kyk wie daag almal op by Kotie Kok se koekwinkel!  – 50 minute Vermaak vir die hele gesin.

 

Opvoedkundige temas in die vertoning is goeie manière, repsek vir ander mense se besittings en moenie steel nie.