Indien jy ‘n enkele aanvullende kaartjie (Stoksielalleen) wil koop, skakel gerus die organiseerder +27609600859

Tankwa Drome 2024

Fri Mar 1, 13:00 - Sun Mar 3, 13:00

Place of Dreams (Pod)

ABOUT

Eksklusiewe woestyn-partytjie onder die Suiderkruis

 

Kom deel in ‘n uitbundige viering van Afrikaanse kunstenaars & musiek in die hartjie

van die Tankwa Karoo - kom deel in Tankwa Drome Seisoen III.

 

 

Venue

 

AANGEBIED DEUR PLACE OF DREAMS (POD)

 

In 2018, in 'n verskuilde kloof, het 'n uiteenlopende groep mense in die barre skoonheid van die woestyn saamgekom om die vangnet van die alledaagse lewe te ontvlug. Hier, met die sterre as gehoor en die sonwarm-sand as dansvloer, is Place of Dreams in die eggo van die tronende kloofwande gebore.

 

Tankwa Drome is 'n jaarlikse reunie om hierdie grootse oomblik te vier, en soos die pioniers van ouds 'n paradys in die middel van nêrens te skep. Hier bevorder ons die kuns, en verlekker ons onsself in Afrikaanse gasvryheid en deelkultuur.

 

Sluit by ons aan en word deel van hierdie unieke ervaring waar hoë-gehalte musiek, die betowerende skoonheid van die Karoo en die gees van avontuur saamvloei soos Klippies en cola. Pak jou vellies, jou blikbeker en ‘n koelboks, en kom skep ‘n paar oudag-stoepsit herinneringe.

 

 

 

POD is ongeveer 50 minute vanaf Ceres op die R356, Sutherland pad.

 

Die afstand vanaf Kaapstad is 240 km. Besoek gerus ons webwerf en Instagram-profiel vir meer inligting.


Indien jy ‘n enkele aanvullende kaartjie (Stoksielalleen) wil koop, skakel gerus die organiseerder +27609600859


Kom jy met ‘n daktent, karavaan of kamp trailer??

Voertuig permit: R1500 per voertuig (Kyk uit vir die karavaantjies op die POD kaart.) 




Liefling: R1750 PER PERSOON 

BRING-JOU-EIE OPSIE BY POD 2

INGESLUIT:


1 x Feesganger-kaartjie

Kampeerplek by POD2

Volle ablusie-fasilliteite

Kom geniet die nuwe opgegradeerde POD 2.

UITGESLUIT:

Maak voorsiening vir jou eie tent, tent geriewe en skadu

Bring-jou-eie kampeerders moet self-onderhoudend wees en

inpak wat hulle glo hulle sal benodig.




LISA SE KLAVIER: R2400 PER PERSOON 

BRING-JOU-EIE OPSIE 2 BY POD 1

INGESLUIT:


1 x Feesganger kaartjie

Kampeerplek by POD1

Volle ablusie-fasilliteite

Gemeenskaplike bedouintent

UITGESLUIT:

Maak voorsiening vir jou eie tent, tent geriewe en skadu.

Bring-jou-eie kampeerders moet self-onderhoudend wees en

inpak wat hulle glo hulle sal benodig.


Indien jy ‘n enkele aanvullende kaartjie (Stoksielalleen) wil koop, skakel gerus die organiseerder +27609600859


Kom jy met ‘n daktent, karavaan of kamp trailer??

Voertuig permit: R1500 per voertuig (Kyk uit vir die karavaantjies op die POD kaart.) 




BABY EK BLY: R3400 PER PERSOON WAT DEEL

SEMI-GLAMPING OPSIE

INGESLUIT:


2 x Feesganger-kaartjies

1 x Koepeltent, reeds opgeslaan, onder skadu (slaap 2)

Matrasse

Gemeenskaplike elektrisiteitspunt

UITGESLUIT:

Geen beddegoed of handdoeke



DIE REISIGER: R4500 PER PERSOON WAT DEEL

VOLUIT-GLAMPING OPSIE 

BRING DIE GEMAK VAN JOU EIE TUISTE NA DIE KAROO 

INGESLUIT:


2 x Feesganger-kaartjies

1 x Luukse koepeltent (slaap 2)

1 x Dubbelbed met ‘n matras OF twee x enkelbeddens met matrasse

Kombers, laken en kussing

Beligting, bedlampies, bedkassies en kragpunte

Toegang tot gemeenskaplike geriewe: yskas, etenstafel, twee kampstoele per tent


Indien jy ‘n enkele aanvullende kaartjie (Stoksielalleen) wil koop, skakel gerus die organiseerder +27609600859


Kom jy met ‘n daktent, karavaan of kamp trailer??

Voertuig permit: R1500 per voertuig (Kyk uit vir die karavaantjies op die POD kaart.) 





Spyseniering


‘n Kontant-kosstalletjie sal die hele naweek beskikaar wees vir

feesgangers om heerlike kos te bestel vir ontbyt, middagete

en aandete.


Feesgangers is ook welkom om hulle eie kos en drank saam te

bring. POD1 het ‘n volle toegeruste kombuis vir diegene wat sal

verkies om hulle eie maaltye te voorsien.


POD1 het ‘n groot gemeenskaplike braai-area, waar gaste

enigetyd ‘n lekker tjop op die vuur kan gooi (braaihout moet self

voorsien word.)


T&C'S

mixed thumbnail
T&C's

TERMS AND CONDITIONS

PLEASE NOTE THE FOLLOWING IMPORTANT INSTRUCTIONS:

?    NO GLASS IS ALLOWED IN THE CANYON AMPITHEATRE

?    NO OPEN FIRES TO BE LIT OUTSIDE OF DESIGNATED BRAAI AREAS

?    NO LITTERING

?    NO FIREARMS, FIREWORKS, ROCKETS AND OTHER EXPLOSIVES.

 

TICKETING  INFORMATION:

* UNAUTHORISED DUPLICATION OF THIS TICKET WILL PREVENT YOUR ADMITTANCE TO THE POD EVENT.

* THIS TICKET MAY NOT BE RE-ASSIGNED. POD ORGANISERS WILL NOT BE HELD RESPONSIBLE OR LIABLE FOR ANY TICKETS NOT ISSUED DIRECTLY BY THE ORGANISERS

* PROHIBITED ITEMS AS STATED ABOVE WILL NOT BE ALLOWED INTO THE VENUE.

* POD IS NOT RESPONSIBLE FOR ANY INCONVENIENCE CAUSED BY UNAUTHORIZED DUPLICATION OF TICKETS.

CONDITIONS OF ADMISSION:

* HOLDER OF TICKETS VOLUNTARILY ASSUMES ALL RISKS AND DANGER INCIDENTAL TO ANY EVENT FOR WHICH THIS TICKET IS ISSUED AND WAIVES ALL CLAIMS AGAINST THE OWNER OF THE FACILITY.

* RIGHT OF ADMISSION IS RESERVED. PERSONS DEEMED TO BE BEHAVING IN A MANNER THAT IS DANGEROUS OR UNACCEPTABLE IN THE OPINION OF POD OR IT’S AGENTS OR CONTRACTORS WILL BE REFUSED ADMISSION AND/ OR REMOVED FROM THE VENUE.

* ACTIVITIES SUCH AS ‘DIVING INTO WATER’ ‘STAGE DIVING’, ‘MOSHING’, ‘CLIMBING’ AND ‘CROWD SURFING’ ARE STRICTLY PROHIBITED.

* WE RESERVE THE RIGHT IN OUR REASONABLE DISCRETION TO CONDUCT SECURITY SEARCHES OF PERSONS, CLOTHING, BAGS AND ALL OTHER ITEMS ON ENTRY AND EXIT OF THE VENUE AND TO CONFISCATE ITEMS WHICH MAY CAUSE DANGER OR DISRUPTION TO THE EVENT OR TO OTHER GUESTS OR THAT ARE IN BREACH OF THE TERMS.

* ADMISSION IS SUBJECT TO COMPLIANCE WITH ALL FACILITY RULES AND THE TICKET HOLDER CONSENTS TO REASONABLE EXAMINATIONS AND TO ADHERE TO THE ETHOS AND FACILITY RULES, FAILURE TO ABIDE MAY RESULT IN REFUSAL OF ADMISSION OR EXPULSION.

* YOU VOLUNTARILY ASSUME THE RISK OF SERIOUS INJURY OR DEATH BY ATTENDING THIS EVENT, WHERE BEING CLOSE TO, IN OR ON WATER  AND RELEASE POD FROM ANY CLAIM ARISING FROM THIS EVENT.

* YOU VOLUNTARILY ASSUME ALL RISKS AND DANGERS INCIDENTAL TO AN EVENT, WHETHER OCCURRING BEFORE, DURING OR AFTER THE EVENT, AND YOU WAIVE ANY CLAIMS FOR LOSS, DAMAGE, PERSONAL INJURY OR DEATH AGAINST POD, THE MANAGEMENT OF POD, OR ANY AGENT OF POD, THE PERFORMING ARTIST(S), PARTICIPANTS, AND ALL OF THEIR RESPECTIVE PARENTS, AFFILIATED ENTITIES, AGENTS, OFFICERS, DIRECTORS, OWNERS OF LAND AND EMPLOYEES ON BEHALF OF YOURSELF AND ANY MINOR ACCOMPANYING YOU OR FOR WHOM YOU OBTAINED A TICKET.

* POD WILL NOT BE LIABLE FOR DAMAGE TO OR LOSS OF ANY PERSONAL PROPERTY.

* TO THE FULLEST EXTENT POSSIBLE IN LAW, WE DO NOT ACCEPT LIABILITY FOR AND YOU WILL HAVE NO CLAIM IN RESPECT OF ANY ERRORS RELATING TO THE QUALITY OF ANY SERVICES PROVIDED BY INDEPENDENT CONTRACTORS AT THE VENUE.

* PLEASE NOTE: YOU BEAR THE RISK OF INCLEMENT WEATHER.

* PLEASE NOTE THAT LOUD SOUND AT EVENTS CAN DAMAGE HEARING.

IF YOU EXPERIENCE ANY PROBLEMS AT THE EVENT, PLEASE CONTACT A STEWARD OR DUTY MANAGER. IN CASE OF EMERGENCY PLEASE FOLLOW INSTRUCTIONS AND DIRECTIONS FROM STEWARDS, STAFF AND/OR OTHER OFFICIALS.

* PLEASE DIRECT ANY QUERIES RELATED TO THE EVENT OR THESE TERMS AND CONDITIONS TO: [email protected]

THE FINE PRINT:

* NO UNAUTHORIZED RECORDINGS OF EVENT WHERE PROHIBITED. NO  EXCHANGES.

* HOLDER ACKNOWLEDGES THAT THE EVENT MAY BE BROADCASTED OR OTHERWISE PUBLICIZED, AND HEREBY GRANTS PERMISSION TO UTILIZE THE HOLDER’S IMAGE OR LIKENESS IN CONNECTION WITH THE PUBLICATION OF ANY PHOTOGRAPH OF SUCH EVENT AND ANY LIVE OR RECORDED TRANSMISSION OR REPRODUCTION OF SUCH EVENT.

* COMMERCIAL VENDING IS PROHIBITED AS ARE ALL FIREARMS, FIREWORKS, ROCKETS AND OTHER EXPLOSIVES.

* YOU AGREE TO ABIDE BY ALL THE RULES AND TO FOLLOW NATIONAL AND LOCAL LAWS.

* THIS IS A LEAVE NO TRACE, PACK IT IN, PACK IT OUT EVENT. SAY NO TO MOOP!

* SOUND EQUIPMENT IS NOT OWNED BY POD AND YOU THEREFORE ASSUME ANY AND ALL RISK OF INJURY ASSOCIATED WITH OR ARISING FROM THEIR OPERATION OR OCCURRENCE.

* WHILST WE HAVE POLICIES IN PLACE TO ENCOURAGE RESPONSIBLE BEHAVIOUR IT IS UP TO THE INDIVIDUALS INVOLVED. PLEASE BEAR THIS IN MIND BEFORE YOU BARE YOURSELF.

* USE OF THIS TICKET CONFIRMS YOUR AGREEMENT TO THE TERMS REFLECTED ABOVE.

 

 

PROGRAM

VRYDAG, 1 MAART 2024
 

  • 21:00 | Karen Zoid en haar orkes live in die Canyon??
 
  • 22:00 | Emile Swiegers by die Party Bus 
 

SATERDAG, 2 MAART 2024

 
  • 12:30 | Makietie om die dam (by die POD Infinity Dam)?
 
  • 13:30 - 16:30 | Yskoue cocktails, gourmet braaibroodjies, ‘n oneindige uitsig en vertonings deur Emile Swiegers en Vrede by die Infinity Dam. Onthou jou lilo, handdoek, sonbrandroom en swemklere!?
 
  • 20:30 - 21:45 | Ricus Nel en sy orkes live in die Canyon?
 
  • 22:00 -  Laat | Dassie by die Party Bus

 

KUNSTENAARS

 

Karen Zoid

 

Tankwa Drome III het hierdie jaar die uitsonderlike voorreg om veelbekroonde sangeres Karen Zoid en haar uitmuntende orkes as ons headliners te verwelkom. 

 

As Suid-Afrika se alombeminde Queen of Rock is Karen 'n kunstenaar soos min, met 'n loopbaan wat strek oor twee dekades en nege studio albums, en natuurlik die gesogte realitietsprogram Republiek van Zoid Afrika

 

Met vele Mediaveertjies en ander noemenswaardige pluimpies in haar hoed is sy die whisky-oor-marmer stem agter treffers soos Small Room, Aeroplane Jane, en Toe Vind ek Jou (opgeneem saam met Francois Van Coke). Dis geen wonder dat sy al die verhoog gedeel het met groot geeste soos John Mayer, Metallica, Seal, UB40 and Annie Lennox nie! 

 

Hierdie jaar bring ons haar Tankwa toe om jou te betower onder die sterre in 'n uitsonderlike optrede in die oeroue hange van die magiese kloof. 

 

https://instagram.com/karen_zoid?igshid=MzRlODBiNWFlZA==

 

Rickus Nel

 

Ricus Nel het oor die afgelope 22 jaar diep in die harte van Suid-Afrikaners ingeklim met sy growwe country-rock stem, and flukse vingers wat ewe flink is met sy skrywerspen as die hele rits musikale instrumente wat hy speel. Sy volksbesit-treffers soos Boerepompie, Ploeg Jy, Bokkies Jag en Hardekole is al meer as 150-miljoen keer op digitale platforms gespeel, en sy optredes word keer op keer uitverkoop. 

 

https://instagram.com/ricusnel?igshid=MzRlODBiNWFlZA==

 

Vrede 

 

Ons bied elke jaar vir ‘n opkomende kunstenaar die geleentheid om ons geliefde Dromers te verras met hul kraakvars talent. Hierdie jaar is dit VREDE. Hulle eerste 2 enkelsnitte, Perspektief en Die Son geniet tans baie aandag, en hul ongelooflike stemme laat skares stomgeslaan.

 

https://instagram.com/officialvrede?igshid=MzRlODBiNWFlZA==

 

Emile Swiegers

 

Emile Swiegers is 'n retro-liedjieskrywer met 'n stem wat die grense van ruimte en tyd oorsteek. Hy tokkel die kitaar beter as Eric Clapton en sy stories trek jou in en vang jou vas. Sy Moedertaal EP het reeds groot kabbels gemaak op die waters van die Afrikaanse musiek-dam, en ons sien uit om sy kenmerkende kruisbestuiwing-klank wat huppel tussen folk, soul, en rhythm & blues onder die Tankwa-son aan te hoor.  

 

https://instagram.com/emile_tunes?igshid=MzRlODBiNWFlZA== 




 

Dassie

 

Dassie het ons op vorige geleenthede tot laat in die aand vermaak met sy plat-op-die-aarde geaardheid, besonderse stem en fantastiese repertoire. Hy keer hierdie jaar terug op spesiale aanvraag.  

 

https://instagram.com/dassie.musiek?igshid=MzRlODBiNWFlZA==

DIRECTIONS

Tankwa Drome 2024
Place of Dreams (Pod)
4FVX2WG5+87
Get Directions