Skuldvry
Mon Jul 3, 18:00 - Thu Jul 6, 14:00
Event is online
ABOUT
Skuldvry – 10 stappe hoe om uit skuld te kom
WAT IS DIE DOELWIT VAN DIE WEBINAR?
In hierdie webinar gaan Wilco die tien stappe met jou deel hoe om uit skuld te kom. Die geestelike houvas, asook die praktiese hulpmiddels word bespreek.
WAT GAAN EK LEER?
Jy gaan ook leer hoe om ‘n gesonde begroting op te stel, hoe om ‘n noodfonds op die been te kry, riglyne om jou uitgawes te verminder, asook beleggings. Die leuens van skuld, die gevare van ‘n oorgrote skuldlas, asook die lokvalle waarin die mens trap word bespreek. En dan natuurlik, die tien stappe wat jy onmiddellik kan begin implementeer om 100% uit skuld uit te kom, en uit skuld te bly.
HOE WEET EK DIE WEBINAR IS VIR MY?
· Ek het teveel skuld en weet nie waar om te begin nie.
· Dit voel asof ek besig is om te verdrink in skuld.
· Ek voel in my hart die Here lei om so gou as moontlik uit skuld te kom.
· Dis asof ek in so ‘n donker finansiële gat is, en voel onmoontlik om uit te kom.
· Soms is ek nie seker waar God in pas in al hierdie chaos nie.
· Die skuldlas affekteer my hele lewe, insluitend my gedagtes, my gesondheid, en my verhoudings.
DIE PROGRAM:
Gedeelte 1: Verwelkoming
Gedeelte 2: Agtergrond en geestelike sy van geld
Gedeelte 3: Die dodelike houvas van skuld
Gedeelte 4: Die drie leuens van skuld
Gedeelte 5: Die drie gevare van skuld
Gedeelte 6: Die ses lokvalle van skuld
Gedeelte 7: Die tien stappe om uit skuld te kom
Gedeelte 8: Afsluiting
BESONDERHEDE:
Datum: 3 Julie 2023
Tyd: 18h00-19h30
Platform: www.quicket.co.za
Koste: R250 per persoon
*Die enkeltoestelstroomkaartjie gee een individu toegang tot dié 90 minute webinar.
*Die sessie word opgeneem en sal vir die kaartjiehouer beskikbaar wees vir 7 dae na die tyd.
*Stroomskakel sal per e-pos gestuur word sodra die bespreking gefinaliseer en ten volle betaal is.
Vir enige verdere navrae rakende die webinar, kontak gerus 0823625670 of [email protected]