‘Coloured’: Dis ons kultuur

Fri Oct 13, 10:30 - Fri Oct 13, 11:30

Victoria Hub: Gesprekslokaal

ABOUT

Aangebied deur Jonathan Ball 


Bernedette Muthien pols die Kokkedoor: Vuur en vlam-kok Nate Smith, Kay Karriem, oudredakteur van Kuier, en Tessa Dooms en Lynsey Chutel, jong skrywers van Coloured: How Classification Became Culture, oor bruin gemeenskappe wat dikwels geminag word as “nie swart genoeg of nie wit genoeg” nie, en die wanopvatting dat hulle geen duidelike erfenis of kultuur sou hê nie. Die boek wys juis watter eiesoortige kultuur uit ’n traumatiese ontstaansgeskiedenis ontwikkel het en wat vandag in die taal gevier word – van kos tot musiek.

DIRECTIONS

‘Coloured’: Dis ons kultuur
Victoria Hub: Gesprekslokaal
Wilgenhof Manskoshuis, Victoria St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7599, South Africa
Get Directions