Twee kaalkoppe wonder

Tue Oct 10, 10:30 - Tue Oct 10, 11:30

Victoria Hub: Gesprekslokaal

ABOUT

Aangebied deur Naledi

Jean Oosthuizen lei ’n gesprek met Koos Kombuis en Clinton du Plessis oor Deur die tonnel van twyfel en Joernaal. Koos beskryf eersgenoemde as “ ’n moderne, godsdienslose geloofsbelydenis” waarin hy wonder wat die nuwe geslag in die plek het van al die ou gode wat dood is. Waarop grond ons nou ons moraliteit? Clinton du Plessis, wat ná jare weer ’n nuwe bundel, Joernaal, by ’n oofstroomuitgewer publiseer, skryf op Facebook hoe hy na drie covers van Johannes Kerkorrel se “Hillbrow” luister en wonder wanneer “gee, gee, gee” verruil is vir ’n era van gryp en vreet.

DIRECTIONS

Twee kaalkoppe wonder
Victoria Hub: Gesprekslokaal
Wilgenhof Manskoshuis, Victoria St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7599, South Africa
Get Directions