No under 16s

Betty Bangles sê Bye-Bye: The Final Farewell Show (Centurion Teater)

Wed Jun 28, 19:30 - Wed Jun 28, 21:00

Die Centurion Teater

ABOUT

Betty Bangles laat skaterlag gehore al vir die afgelope 20 jaar met haar weergawes van bekende liedjies soos Byeboerwa van Carike Keuzenkamp en Boere medley van Amanda Strydom asook verskeie treffers van Broadway. Nou groet Betty Suid-Afrika om op n nuwe avontuur te gaan in Nieu-Seeland. Kom lag n laaste keer saam met haar en haar twee "vriendinne", Riri Rouge en LouLou Blu


Met 'n gly van die maskara, die tease van 'n pruik en baie glitter, kry Betty Bangles lewe! Met haar OTT-persoonlikheid vermaak sy mense al vir die afgelope 20 jaar. Betty Bangles is 'n prettige en uitgaande persoonlikheid met 'n passie vir die verhoog. Sy was vir 9 jaar 'n gereelde kunstenaar by Beefcakes Johannesburg en Beefcakes Pretoria. Sy was ook mede-gasheer van The Casper Radio Show saam met Casper de Vries op CliffCentral vir die program se 5 jaar run. In 2017 het sy die eerste drag-realiteitsprogram op Afrikaanse televisie aangebied. Deur die jare het sy by verskeie nagklubs, verjaarsdagpartytjies, bachelorette partytjies en selfs troues opgetree! In 2019 het Betty haar debuut in New York by die historiese Stonewall Inn gemaak tydens die 50ste herdenking van die Stonewall-opstand. Nou toer Betty deur die land met verskeie vertonings.


Kom sê saam Au Revoir aan die legende, want die b*tch gaan mos Kiwiland toe!

DIRECTIONS

Betty Bangles sê Bye-Bye: The Final Farewell Show (Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions