Tasché - Akoesties (Live @ Die Centurion Teater)
Fri Aug 4, 19:30 - Fri Aug 4, 21:00
Die Centurion Teater
ABOUT
Tasché en haar kitaarspeler, Matthew Duncan, gaan ‘n intieme maar kragtige akoestiese vertoning lewer by Centurion Teater op 4 Augustus. Hierdie spesiale vertoning sal haar nuutste enkelsnitte, ‘Sal jy vir my wag’ en ‘Prentjies’ insluit, sowel as al haar ander geliefde oorspronklike treffers, plus ‘n paar lekker covers.
Tasché se talent is sonder twyfel wêreldklas. Haar aangrypende stem en boeiende vertolking van plaaslike en internasionale treffers het haar in 2019 die The Voice SA S3 titel in die sak gebring. Sedertdien het sy verskeie oorspronklike liedjies vrygestel, onder andere ‘Die een’, ‘Tweedehandse hart’, ‘Baby, ek bly’ en ‘Pappa probleme’.