Casper de Vries & Andrew Roos - Auld Lang Syne / One Night Only (Centurion Teater)
Sat Jul 1, 19:30 - Sat Jul 1, 21:00
Die Centurion Teater
ABOUT
Een aand, Twee kunstenaars, Twee dekades later - jy kan verseker 'n spesiale show verwag wat jy nooit sal vergeet nie.
Casper de Vries en Andrew Roos het in die 80s lank saam opgetree met shows soos Small Talks, Gemini en OntVries. Hulle het gehore gaande gehad met hulle eiesoortige styl en meesterlike kombinasie van musiek en humor. Hulle het venues van AfterDark in Pretoria tot Theatre on the Bay in Kampsbaai met hul vlymskerp vermaak volgepak. In 1996 het elkeen sy eie rigting ingeslaan en dit het gelyk of dit die einde van daardie era was. Roos het saam met Richard&Lochner begin optree, sy eie musiek studio begin en sy passie vir fotografie ontwikkel. De Vries het met 12 one man shows getoer en TV programme ontwikkel vir kykNet. Nou, na meer as 20 jaar kom hul weer bymekaar met n nostalgiese aanbieding “Casper en Andrew : Auld Lang Syne (One Night Only)” wat beloof om daardie goeie ou tye weer te laat herleef met n kombinasie van heerlike musiek en lekkerlag spitsvondighede.