VLU Mabalingwe - Die manne kuier met Andries
Sat Jul 29, 09:30 - Sat Jul 29, 16:30
Hippo Creek Bed & Breakfast - Mabalingwe Wildsreservaat
ABOUT
Die Vroue Landbou Unie(VLU), Mabalingwe, gaan in samewerking met Mabalingwe Wildreservaat 'n bederfdag vir mans hou.
Dit beloof om 'n heerlike dag te wees met Andries Vermeulen as gasspreker. Ingesluit by die prys is 'n wildrit en 'n besoek aan die Boschpoort roofdierbewaringspark met 'n "pitstop" op pad na 'n heerlike spitbraai vir middagete. Verskeie prystrekkings en 'n veiling met 'n getekende afduk van Ernie Els, 'n helikopterrit vir 2, jagpakette, wyn, skilderye en vele meer .
Daar is verskeie verblyf opsies beskikbaar vir diegene wat will oorbly of dalk selfs 'n naweek daarvan wil maak by Mabalingwe Wildreservaat. Doen asb. julle besprekings vir verblyf daar.
Fondse is ten bate van Mabalingwe se VLU Tak. 20% van die dag se opbrengs word geskenk aan die Boschpoort roofdierbewaringspark wat hulle toewy aan die bewaring en beskerming van verskeie roofdier spesies.
Daar sal 'n kontantkroeg beskikbaar wees.