Family friendly

Charlize Berg - 'n Oomblik in Tyd (Live @ Die Centurion Teater)

Thu Jun 1, 19:30 - Thu Jun 1, 21:15

Die Centurion Teater

ABOUT

'n Oomblik in tyd waar die wêreld afskakel en die musiek aanskakel. Sluit aan by Charlize Berg vir 'n intieme hart tot hart ervaring waar sy liedjies kan deel wat sy persoonlik liefhet as 'n ode aan musiek en 'n lieflike herinnering aan die skoonheid daarvan ...

 

“Ek was te lank stil … Uiteindelik kan ek 'n verskeidenheid musiek deel wat my passievol ontroer en my deurgaans gehelp het sowel as pragtige oomblikke in my lewe. Musiek het my nog altyd gehelp om te oorkom en te genees en so in ruil daarvoor wil ek my gehoor inspireer, laat herleef en vervoer na 'n pragtige oomblik in tyd waar hulle die stof van die alledaagse lewe kan af skud en ontsnap in die skoonheid van tydlose musiek. Die oomblik is nou..."

 

Bekend vir haar uitsonderlike stem en rou emosie nooi Charlize jou na 'n aand van musiek wat tot die hart spreek waar sy haar stem as 'n instrument kan gebruik om 'n pragtige oomblik in tyd saam met jou, die luisteraar te skep ... met liedjies van bekende legendes soos die van Aretha Franklin, Barbra Streisand, Celine Dion en Adele, sal dit beslis onvergeetlik wees!

DIRECTIONS

Charlize Berg - 'n Oomblik in Tyd (Live @ Die Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions