No under 16s

VROU ENS. - Die Eenvroustuk met Mandri Sutherland

Wed May 10, 18:00 - Wed May 10, 22:00

Carus Gardens

ABOUT

Kom eet en lag lekker saam.

Mandri gaan n ding raak sê en hom so sê op n manier wat die meeste van ons heel moontlik dink.


"Mandri Sutherland, ook bekend as Vroudrie, se eerste eenvroustuk is spesifiek vir die huiskonsert-inisiatief geskryf, waar sy al meer as 60 keer in die leefruites van mense oor Suid-Afrika heen gespeel het.


Die stuk is 'n kombinasie van storievertelling en uitspattige karaktervertolking. 


Mandri sê 'n ding soos dit is en sy sê dit in Afrikaans. 


Sy belig en gooi liefde, humor en vet op die Afrikaner-vrou se besware en waarhede.


Die show is nie net vir vrouens nie, so bring gerus die manne saam, maar los net die honde en kinders by die babysitter!"


Die eetkamer waar ons die show aanbied herinner aan die goue era van reis met gedrukte plafonne, antieke horlosies, persiese matte en kristal- en koperkandelare.


Die spyskaart, saamgestel deur die bereisde en bekroonde eienaars van Crus Gardens en die internasionale sjef, Jacques Vermuelen, kombineer tradisionele gunstelinge om jou smake te kinkel te prikkel.


Spyskaart

Canapé met aankoms en welkom drankie

Phyllo pakkie tuingroente en beesvleis met 'n soet mosterd- en heuningdoop.


Tussengereg - direk na die show

Herfssop met 'n keuse van vars brode en tuisgemaakte botter


Hoofgereg

Geroosterde hoender met tuisgemaakte pasta. Basiliekruid, knoffel en houtskool dennepitte.


Nagereg

Gebakte sjokolade, karamel en creme anglaise


Kontant kroeg beskikbaar.


Kom vier die lewe saam met ons.

DIRECTIONS

VROU ENS. - Die Eenvroustuk met Mandri Sutherland
Carus Gardens
34 2nd Ave, Linden, Johannesburg, 2195, South Africa
Get Directions