FREE OPTIONS
Family friendly

Helshoogte Reunion | Reünie 50

Fri Sep 15, 17:00 - Sun Sep 17, 10:00

Helshoogte Residence | Koshuis

ABOUT

VOORLOPIGE PROGRAM

Ons skaaf nog aan die program om die reünie so onvergeetlik as moontlik te maak. Hier volg die besonderhede:


Vrydag 15 September 2023

Registrasie van 15:00 tot 17:00

17:00 – rugby

Die wedstryd tussen die Ou Manne en die huidige Manne vind by Coetzenburg plaas.

Ek nooi julle graag om reeds hier teenwoordig te wees, want die Seekadette gaan ’n parade lei en ’n vertoning voor die rugbywedstryd lewer.


19:00

Die Seekadette tree op met die hysing van die 50-jaar-reünie-vlag. Dit word gevolg deur ’n ligvertoning, die vertoning van ’n video oor Helshoogte se 50 glorieryke jare, ’n optrede deur Cape Town Concert Brass, ’n spitbraai, die beste stories van die 50 jaar, die onthulling van die gedenkteken, die vulling van die tydkapsule, en ’n veiling. Daarna sal dit tyd wees vir gesellig opvang met jaargenote in die markiestent of die Klub/Hok.


Saterdag 16 September 2023

08:00

Herleef die tradisie van jou eerstejaar en stap saam Botmaskop uit. Hierdie staptog is veral vir die Ou Manne wat werklik fiks is. Om almal die kans te gee om wel deel te neem, word die ontbyt op ASLA Konstruksie-ingenieurs se perseel naby die Delaire Graff-landgoed geniet. Diegene wat dan nie verder wil gaan nie, kan terugdraai, terwyl die ander die berg kan uitklim.


Saterdagmiddag

Die namiddag is daar vir jou eie reëlings, maar kyk gerus na ons vorige skrywe vir aanbevelings.


18:00 – galadinee

Dit gaan nou ’n aand van ’n groot opskop wees! Metgeselle is welkom en die manne kry ’n reüniestrikdas. Alhoewel min van ons seker nog aandpakke besit, is dit ’n semiformele aandgeleentheid. Die Vlootorkes gaan die musiek verskaf en ons reël verder vir musiek wat die dames se hartsnare gaan aanroer. Ons gee ook erkenning aan die Ou Manne wat uitsonderlik presteer het in hul veld. Dit is ’n aand van gesellig saam kuier en lekker dans.

Die galadinee word aangebied by die Protea Hotel Tegnopark, Stellenbosch. Ons bedank Gehan van der Merwe (1994), ’n bestuurder daar, vir sy werklik briljante hulp met die reëlings.

Geen wynlandgoed of enige ander instansie kon ons getalle huisves vir ’n dansgeleentheid nie, en daar is slegs plek vir 300 persone. Ek raai jou dus aan om so gou as moontlik te bespreek. Dit is ongelukkig nou ’n geval van die laatslapers gaan nie ’n plek kry nie.

Tafelplasings word by registrasie gedoen sodat jy by jou vriende kan sit.


Sondag 17 September 2023

08:30 – oggenddiens

Die diens word gelei deur die eerste persoon wat in 1973 in Helshoogte geslaap het, naamlik ds Hansie Schutte (HK 1973/74). Jy kan egter ook jou private stiltetyd in dié tydgleuf geniet.


10:00 – afsluitingsnoenmaal

Hier kan ons reeds uitsien na die volgende reünie!

Dit is vir eers al totdat ons mekaar op die fees der feeste gaan sien.


Blou Hoender-groete

Pieter van Jaarsveld

Prim 1973/74


---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


PROVISIONAL PROGRAMME


We are still finalising the events to make this reunion as memorable as possible. Here are the details:


Friday 15 September 2023

Registration from 15:00 to 17:00


17:00 – rugby

The match between the Old Manne and the current Manne will take place at Coetzenburg.

Please be sure to attend the match as the Sea Cadets will have a parade and give a performance prior to the game.


19:00

The Sea Cadets will perform during the raising of the 50-year reunion flag. This will be followed by a light display, a video of Helshoogte’s 50 glorious years, a performance by Cape Town Concert Brass, a braai, the best stories of the past 50 years, the unveiling of the memorial, the filling of the time capsule, and an auction. Time spent socialising with your peer group in the marquee or the Club/Deck will follow.


Saturday 16 September 2023


08:00

Relive the tradition of your first year and go climb Botmaskop with your friends. Remember, this hike is only for the very fit among the Old Manne. However, to give everyone the chance to participate in the event, breakfast will be enjoyed at the premises of ASLA Construction Engineers near the Delaire Graff Estate. Those who do not want to exert themselves too much may choose to turn back and allow the others to finish their climb.


Saturday afternoon

Although the afternoon is available for your own arrangements, please feel free to refer to our previous letter for recommendations.


18:00 – gala dinner

This is going to be a festive celebration indeed! Companions are welcome and the manne will be presented with special reunion bow ties. Although only a few of us may still own dress suits, semiformal attire is required for the evening. The Navy Band will take care of the music, and we will provide songs to melt a woman’s heart. We will also honour the Old Manne who performed exceptionally well in their particular fields. This is a great opportunity to socialise while enjoying some good dancing.

The gala dinner is presented at the Protea Hotel Technopark, Stellenbosch. We are grateful to Gehan van der Merwe (1994), a manager at the hotel, for his brilliant assistance with the arrangements.

Given our numbers for the dance event, no wine estate or other establishment was able to accommodate us. Do bear in mind that space is limited to 300 people. Please be sure to book as soon as possible, as this will be a case of first come, first served.

Table placements will be done at registration so that you may be seated with your friends.


Sunday 17 September 2023

08:30 – morning service

The first person who slept in Helshoogte in 1973, the Rev Hansie Schutte (HC 1973/74), will lead the service. You are also welcome to enjoy your own private quiet time during this time slot.


10:00 – closing luncheon

By now, we will be looking forward to the next reunion!

That is all for now until we see each other at the festival of all festivals.


Blou Hoender greetings

Pieter van Jaarsveld

Prim 1973/74



DIRECTIONS

Helshoogte Reunion | Reünie 50
Helshoogte Residence | Koshuis
Merriman Ave, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600
Get Directions