No under 13s

Kersfeesetes saam met SARIE 2023 aangebied deur TODAY

Wed Nov 22, 19:00 - Sun Nov 26, 17:00

Nasdak Rooftop Venue, Media24-sentrum

ABOUT

*KAARTJIES IS UITVERKOOP*


Ons het ’n nuwe venue – en vanjaar is SARIE se Kersfees-etes ’n uit-die-wolke-ervaring! Dit alles aangebied deur TODAY!


Kom geniet vanjaar se Kersfeeskuier saam met SARIE en TODAY op die Nasdak, op die 26ste vloer van die Media24-sentrum in die middestad, met ’n 360°-uitsig op Kaapstad. Ons doen dit in styl, en SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, kook ’n vyfgang-ete spesiaal vir jou. 


Robertson Winery sal seker maak dat daar nie ’n droë keel gaan wees nie. Checkers verskaf beste gehalte produkte vir dié liplekker 5-gang maaltyd. Sparta Beef maak seker die beste snit word geniet en oudergewoonte verskaf Spekko net die beste produkte. 'n Nuwe borg, Biggi Springmielies sorg vir 'n ekstra verrassing.


Bring ’n vriendin, jou vriendinne of familie en kom vier Kersfees saam met ons.


TAFELS

Soos verlede jaar kuier ons om gesellige tafels, met Herman en sy span wat vir jou ’n vyfgang-feesmaal berei.

NB. Ons bou hierdie tafels rondom jou bespreking en nie om ’n langtafel nie. Jy moet dus vir al jou gaste op een slag betaal sodat ons weet hoeveel mense om ’n tafel sit. Die tafel sal onder jou naam bespreek wees.


INGESLUIT

Die prys sluit drankies, ’n vyfgang-feesmaal en die resepte vir dié heerlike ete in. Jy gaan huis toe met ’n geskenkpak vol bederwe van die borge en SARIE.


DATUMS

Woensdag 22 November 19:00

Donderdag 23 November 19:00

Vrydag 24 November 19:00

Saterdag 25 November 18:00

Sondag 26 November 13:00


PLEK

Nasdak Rooftop Venue, 26ste verdieping, Media24-sentrum, Heerengracht 40, Kaapstad


KAARTJIES

R750 per persoon, alles ingesluit

Indien jy enige navrae het, kontak [email protected]

DIRECTIONS

Kersfeesetes saam met SARIE 2023 aangebied deur TODAY
Nasdak Rooftop Venue, Media24-sentrum
40 Heerengracht St, Cape Town City Centre, Cape Town, 8000
Get Directions