SpoedNetwerk

Tue Mar 28, 08:30 - Tue Mar 28, 11:00

ACVV Rusoord, Paarl

ABOUT

Helpende Hand neem die inisiatief om alle NPO’s, maatskaplike organisasies, kerke, sielkundiges, terapeute, lewensafrigters en belangstellendes in hierdie veld uit te nooi na die bogenoemde geleentheid. Die geleentheid vind plaas by die ACVV Rusoord, Paarl.


Tydens die Spoed Netwerk-geleentheid kry elke persoon/instansie/besigheid die geleentheid om sy/haar besigheid in 5 minute te deel met ‘n ander netwerk vennoot. Hierdeur bou ons netwerk geleenthede met ander vennote, maar kry ook kennis van ander organisasies en individue wat in dieselfde veld werk. Ons het mekaar nodig om gemeenskappe verder te ontwikkel en mekaar se hande sterker te maak.


Die spreker tydens die geleentheid is Dr Shanie Boshoff. Sy het grondige kennis in die maatskaplike veld en ondervinding in die waarde van netwerk uitbreiding om ons gemeenskappe kragtig te ontwikkel.