Family friendly

Piekniek oppi Plaas

Sat Sep 27, 09:00 - Sat Sep 27, 15:00

Lavender Kontrei Market

ABOUT

Kom vier die aanbreek van die somer saam met ons tydens Lavender Kontrei Mark se Piekniek Oppi Plaas - 27 September van 09:00 tot 15:00.


Dié unieke dag beloof om ’n rustige buitelugervaring te wees, perfek vir gesinne, vriende en natuurlik vir enige iemand wat hou van ’n plaasatmosfeer met daai luilekker somergevoel. Kom geniet die dag onder die koelte van die bome met vooraf-bestelbare piekniekmandjies (vir 2 of 4) propvol heerlike lekkernye. Daar sal ook verskeie wyne & craft biere beskikbaar wees om jou piekniek te komplementeer, saam met ’n kombers en die bederf klanke van Ryan Walt, Suid-Afrika se panfluit-sensasie, en die sanger Steven Sterling vanaf 11.00. Heerlike kosse beskikbaar van tradisionele disse tot iets meer eksoties, hier is n verskeidenheid vir elke smaak knoppie!

Dis ook die ideale geleentheid om plaaslike entrepreneurs te ondersteun – met vars produkte, handgemaakte items, tuingoedjies & troeteldier bederfies met ander unieke markgoed om deur te snuffel. Kinders kan hulle ure lank vermaak met die prettige aktiwiteite hier op die plaas, in n veilige toe speelarea.


Moenie hierdie dag van ontspanning, kuier en plaaslike smake misloop nie! Toegang is R20pp, kinders 0/12 en pensioenarisse gratis. Bespreek nou jou piekniekmandjie om seker te maak jou lekkernye wag op jou by aankoms!


DIRECTIONS

Piekniek oppi Plaas
Lavender Kontrei Market
106 Apache Rd, Onderstepoort, Pretoria, 0010, South Africa
Get Directions