Family friendly

BOEREMUSIEK, ROCCOSTYL - Rocco de Villiers en Orkes!

Fri May 26, 19:30 - Sun May 28, 17:00

Die Centurion Teater

ABOUT

BOEREMUSIEK, ROCCOSTYL

 

Met Rocco de Villiers op klavier, Lizelle le Roux op viool en trekklavier en Hansie Roodt jr op kitare, konsertina en drompedaal.

 

So klassiek soos ‘n styf gestyselde voortrekkerkappie, vars soos ‘n melktert uit die oond en watertand-sappig soos ‘n boereworsrol van die kole, gebruik pianis en vermaaklikheidskunstenaar Rocco de Villiers sy towerstokkie om musiek uit sy jeug weer te besoek. Musiek van sy pa se boereorkes in die Vrystaat gedurende die 1970’s. Maar alles in Rocco se kenmerkende styl, en gepas vir die 21ste eeu.

 

“Boere-classics” kry nuwe baadjies met massiewe blomme en saam met Lizelle en Hansie blaas hulle nuwe lewe in stukke soos Umfaan, Penny Whistle Kwela, Outa in die Langpad, Kalfiewals, Hartseerwals, Die ou waenhuis, natuurlik keurspele van Jim Muller en musiek van legendes soos Nico Carstens en Hansie Roodt sr.

 

BOEREMUSIEK, ROCCOSTYL is ‘n viering van eg Suid Afrikaanse inheemse musiek. Kry ‘n kaartjie, kry ‘n drankie, raak nostalgies en kom na die show.

 

Rocco, Lizelle en Hansie is goed aangetrek, goed voorberei en goed ge-olie! Hoe dan anders!

 

 

DIRECTIONS

BOEREMUSIEK, ROCCOSTYL - Rocco de Villiers en Orkes!
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions