DIE SING & SPRING SHOW (saam die Tjominis in Hartenbos)
Mon Dec 26, 10:00 - Mon Dec 26, 11:00
Walvissaal, Hartenbos (Seefront Sentrum)
ABOUT
'n Super lekker singende en springende show vir elke besige boetie, kosbare kleuter en piepklein prinsessie wat in Hartenbos omgewing kom vakansie hou
Die kreatiewe kinder-karaktertjies van bekende sangeres en aktrise Sorina bring n vreeslike vrolike vertoning propvol pret, plesier en hope avontuur na die Walvissaal in Hartenbos
Kom sing speel-speel saam oor goeie gewoontes, mooi maniere en diere se giere.
Kom dans in Afrikaans op die ritme van ‘n reënboog se kleure.
Kom luister en probeer om jou “kwaai lawaai” emosies te beheer
**ONS HET OOK 2 KERSFEES KINDERS KONSERTE WAT 21 EN 22 DESEMBER GAAN PLAASVIND. KLIEK OP DIE SKAKEL VIR INFO OOR ONS SPESIALE KERSFEES VERTONINGS VIR DIE KLEINSPAN
WAAR / WAT / WANNEER:
3 vertonings en 2 verskillende temas word in die Desember vakansie aangebied by die WALVISSAAL in HARTENBOS (in die Seefront Sentrum)
21 Des 10am : KERSFEES KINDERS vertoning
22 Des 10am : KERSFEES KINDERS vertoning
26 Des 10am : DIE SING EN SPRING show
**Al 3 Tjominis vertonings is +-50 tot 60min lank**
KAARTJIES:
Koop asb kaartjies vooraf aanlyn aangesien ons net sekere hoeveelheid kaartjies beskikbaar gaan stel. Sien betaalopsies beskikbaar
Kaartjies kos R90 per persoon en prys bly dieselfde vir groot en klein, van elkeen met melktande tot en met valstande.
NB! Slegs babas onder 1 jaar oud en Oumas oor 100 jaar oud is gratis. Vir die res, onthou asb om jou kaartjies byderhand te hou op die dag van die show
** Indien jy n nippertjie mens is en op die oggend van die vertoning kaartjies wil aankoop (wat ons liefs nie aanbeveel nie) sal kaartjie verkope n uur voor die vertoning by die deur plaasvind en slegs indien daar wel nog kaartjies beskikbaar is wat ons ongelukkig nie kan waarborg nie. Koop dus betyds aanlyn
** Indien vertoning gekanselleer word agv omstandighede buite menslike beheer, sal n 70% terugbetaling van die kaartjieprys aan u terugbetaal word na die administratiewe kostes en kommissie van Quicket afgetrek is
SITPLEKKE
-Wie wil op n stoel sit as jy kan spring en dans in Afrikaans?
-Bring jou eie piekniekmandjie en kombers / strand handdoek as die bene moeg word en moet rus vir 'n wyle
-As Mammie bang is om n spier te trek met al die rek en strek, bring dan gerus jou strandstoel saam en kom kamp uit by ons kleinspan konsert terwyl jou mini-mensie al die hope suiker gaan uitspring voor n middagslapie
SOSIALE MEDIA & KONTAK INFO
-Webtuiste: https://www.tjominis.co.za/
-Youtube kanaal: https://www.youtube.com/channel/UC0g757x1-k67fKQB4uLVJuA
-Facebook: https://www.facebook.com/tjominis
-E-pos: [email protected]
-Whatsapp: 066 516 3626
B's & V's:
Voorwaardes en terme geld met die koop van die kaartjie wat ook insluit al die reels en regulasies van Walvissaal en die Seefront Sentrum met toegang wat voorbehou word
Elke ouer / voog is ten volle verantwoordelikheid vir sy / haar eie kroos en die organiseerders aanvaar geen verantoordelikheid vir enige skade of verlies gelei, van watter aard ookal
Vrywaring: Met die koop van n kaartjie gee jy toestemming dat Tjominis jou besonderhede mag gebruik vir bemarkingsdoeleindes van hulle vertonings en produkte
WIE EN WAT IS DIE TJOMINIS?