Family friendly

Richard van der Westhuizen

Thu Dec 22, 18:00 - Thu Dec 22, 21:00

Apprentice Restaurant, De Proeverij

ABOUT

Kom eet en geniet 'n aand by Apprentice Restaurant en geniet die klanke van Richard van der Westhuizen. Richard is ‘n bekende akteur, sanger en liedjieskrywer.

 

Hy skryf en sing die temalied vir die TV-reeks Ballade vir ‘n Enkeling, en volg dit op met Tussen Treine. Albei liedjies is steeds uiters gewild en het selfs ikoniese status bereik. Richard het al 10 albums bekend gestel, waaronder Tussen Treine (met Lochner de Kock), Vuurklip (genomineer vir ‘n SAMA toekenning), Tydloos (met Gerhard Steyn), Songs uit my Binnesak, en meer onlangs, Yster en Vuur

 

Hy tree die afgelope sowat 20 jaar op saam met Andrew Roos, bekende en briljante klavierspeler en musikant. Meeste van Richard se musiek is ook opgeneem in Andrew se ateljee, Brakmusiek, in Ermelo.

 

Die vertoning word aangebied in ‘n ligte trant, met gesels, humor en ‘n wye verskeidenheid musiek.


Opening act: Donkiekar Boere Orkes

DIRECTIONS

Richard van der Westhuizen
Apprentice Restaurant, De Proeverij
Farm 208. R102 Airport Road, George, 6530
Get Directions