DROOMSINDROOM
Wed Dec 21, 18:30 - Wed Dec 21, 21:00
Apprentice Restaurant, De Proeverij
ABOUT
Kom eet en geniet 'n aand by Apprentice Restaurant terwyl jy meegevoer word deur die klanke van Droomsindroom! Broer Duo Kirsten Richard (22) en Kyle Joshua (15) se debuut liedjie vrystelling “Hey Sonneblom” het die Afrikaanse musiek bedryf op horings geneem. Sedert die vrystelling het “Hey Sonneblom” sy debuut op verskeie Trefferlyste onder andere Applemusic, Maroela media en Reputasie, nommer 1 behaal. Hierdie Pretoria boeties beoog om n hernuwing in die Afrikaanse musiek bedryf te bewerkstellig.
Droomsindroom se eerste kort album genaamd “Aansteeklik”, wat bestaan uit vyf snitte is in September 2022 vrygestel op alle digitale platvorms.
“Aansteeklike” was binne 1 week die top Album op “AppleMusic” Beide Kirsten en Kyle is ook Tiktok sensasies wat duisende aanhangers vermaak met hulle musikale vermoeens.
“Hey Sonneblom” is n lied geskryf vir daardie mens wat so helder soos n Sonneblom in jou lewe skyn. Die boeties wou na die grendelperk weer vir luisteraars hoop gee so helder soos ‘n Sonneblom. Droomsindroom was letterlik aansteeklik en oud en jonk en saam begin sin wat hulle laat besluit het om hullle eerste album “Aansteeklik” te doop. “Aansteeklik” bestaan uit vyf snitte genaamd “Afrika Son”, “Bella”, “Kopskud Rewolusie” saam met Spoegwolf, “Meer”en :Amen”. Die snitte is vars en unieke Alternatiewe pop musiek.
Die boeties het 'n energieke persoonlikheid wat mense oud en jonk vermaak op verhoeë. Hulle aansteeklike energie is deur Rian van Heerden van Jacarande fm, op sosiale media raakgesien en hulle het n uitnodiging ontvang om hulle musikale vermoeens op radio bekend te stel. Die duo het ook al verskynings gemaak op “Die doodgewone Jo” program sowel as Die Grootontbyt. “Jaca Morning live, “Trend”, Expresso morning show” KykNet Bravo” “Jaca Drive time radio” Gaskunstenaars op “Die Kontrak”, “Aitsa Toekennings” “Atkv toekennings” “1 Koor – Sunbet arena”
Droomsindroom was ook die Verassing Optrede by 2022 se AFRIKAANS IS GROOT, 9 konserte voor ‘n totaal van 81 000 mense
Droomsindroom was ook die verassing optrede by LIEFDE BY DIE DAM - Johannesburg voor ‘n totaal van 15 000 mense (Droomsindroom het ook uitnodiging ontvang vir die LIEFDE BY DIE DAM – Kaapstad optrede, maar as gevolg van reeds geskeduleer optrede by AIG kon hulle nie die optrede mee maak nie)
Droomsindroom toer tans nasionaal en steek almal aan met die Droomsindroom.
Media skakels:
https://www.youtube.com/watch?v=6q7N3RP3YBs “Hey Sonneblom video”
https://maroelamedia.co.za/vermaak/musiek/droomsindroom-onttroon-jay-en-riaan-benade-op-top-20/
https://reputasie.co.za/tag/droomsindroom/
Agtergrond artikels:
https://maroelamedia.co.za/vermaak/musiek/2nd-life-band-ons-pad-na-genesing/
Sosiale skakels:
tiktok: https://www.tiktok.com/@kirstenrichardmusic?lang=en (Kirsten) https://www.instagram.com/kylejoshuaofficial/?hl=en (Kyle)
Instagram: https://www.instagram.com/droomsindroom/?hl=en
Twitter: https://mobile.twitter.com/droomsindroom1
Facebook: https://ms-my.facebook.com/droomsindroom/
Youtube: https://www.youtube.com/channel/UCEWRt9hNel5fNd0nXKEPNgw