JvR-Kersfeesfees-langtafel op ons nuwe studenteplein
Fri Dec 2, 18:00 - Fri Dec 2, 23:00
Hoërskool Jan van Riebeeck-studenteplein
ABOUT
Alle ouers/voogde word uitgenooi om die 2022-jaar op ’n sosiale noot af te sluit by ons Kersfeesfees-langtafel op ons nuwe studenteplein!
Bring jou eie mandjie met eetgoed en drinkgoed en kom kuier saam om die JvR-jaar op ’n hoë noot af te sluit. Gaste moet ook hul eie breekgoed en glase bring.
’n Kersmark met pragtige Kersgeskenke asook spesiale Kersmusiek sal bydra tot ’n feestelike atmosfeer.
Toegang is gratis, maar ons versoek graag alle gaste om ’n Mr Price Home-geskenkbewys van enige bedrag saam te bring wat ons aan instansies sal uitdeel om vir kinders speisiale Kersfeesvreugde te bring!
Datum: Vrydag, 2 Desember 2022
Plek: JvR-Studenteplein
Tyd: Vanaf 18:00
Drag: Gemaklik
Geniet vir oulaas vanjaar die JvR-gees en vier saam met ons die opening van die nuwe studenteplein!