Rooksein live / Album Bekendstelling by Kapstadt Brauhaus Menlo Park

Thu Nov 17, 19:30 - Thu Nov 17, 21:15

Kapstadt Brauhaus Menlo Park

ABOUT

ROOKSEIN STEL DEBUUT ALBUM VRY BY KAPSTADT BRAUHAUS MENLO PARK

Donderdag, 17 November

19:30 vir 20:00

R150.00 per kaartjie


Rooksein is besig om die musiekbedryff behoorlik op horings te neem. Na die reuse sukses van Kyk Na My Hart, Damlelielief & Genade Nader stel Rooksein hulle debuut album, Die Onbekende vry.


Die album bestaan uit 11 oorspronklike liedjies wat geskryf is uit hierdie drie talentvolle kunstenaars se eie penne.


Daar is een groot verrassing op die album waarna luisteraars beslik kan uitsien en dit is die Wees Net Beter waarop Hiram Koopman verskyn. Baie mense sal hom ken as een van die beste saksofoon spelers in ons land. Hy het al op groot verhoë opgetree en die land volgetoer saam met kunstenaars soos Spoewolf, Elvis Blue en vele meer. Die liedjie bring 'n hele ander klank tot die Afrikaanse musiekbedryf, 'n klank waaroor ons baie opgewonde is.


Lys van snitte op die album:

  1. Kyk Na My Hart
  2. Genade Nader
  3. Vertrou
  4. Woordelose Storie
  5. Damlelielief
  6. Kind van die Wind
  7. 10 Uit 10
  8. Want ek Mis Jou Hier
  9. Miskien
  10. Wees Net Beter Ft. Hiram Koopman
  11. Rooksein


"Musiek is ons manier om iets te sê sodat ander mense dit hoor. Luisteraars sal ongetwyfeld kan vergelyk met ons klank, styl en lirieke. Ons is maar net drie jongmense wat lief is vir musiek en bevoorreg genoeg is om te kan doen waarvoor ons mal is."


Rooksein bestaan uit Megan Danner, Dian Maritz en Renier West.

DIRECTIONS

Rooksein live / Album Bekendstelling by Kapstadt Brauhaus Menlo Park
Kapstadt Brauhaus Menlo Park
Suite 2, Waterkloof Rand Centre Corner Of Thomas Edison St &, 13th St, Menlo Park, Pretoria, 0181
Get Directions