Media, tegnologie en jou kind - Ds. Rudolph Grobler
Sun Oct 23, 18:00 - Sun Oct 23, 19:15
George-Bergsig Gemeente
ABOUT
Vir baie ouers is media en tegnologie van die mees uitdagende aspekte van ouerskap.
Die wêreld om ons verander vinnig en kinders word blootgestel aan 'n wye verskeidenheid inligting en media. Ons wil graag die regte waardes aan ons kinders oordra oor die gebruik van tegnologie en media, maar dis nie altyd so maklik nie.
Hierdie sessie wil ouers help om ingeligte besluite te neem oor die volgende aspekte:
- Die grootmaak van gesonde kinders in 'n digitale wêreld.
- Om balans te vind in die gebruik van media en tegnologie by die huis.
- Hoe om tegnologiegebruik te reguleer en monitor.
- Die oordra van gesinswaardes in die manier waarop ons tegnologie en media benader.
Ds. Rudolph Grobler is vir die laaste 10 jaar predikant by Bergsig Gemeente in George. Vanaf 2017 tot 2020 het hy deeltyds gewerk vir 'n nie-winsgewende organisasie met die naam VitaAmp, wat veral fokus op ouerskap, leierskap en jeug.
Tyd: Sondag 23 Oktober om 18:00.
Toegang gratis.
Gratis kinderoppasdiens is beskikbaar (bespreking noodsaaklik, plek is beperk).
Koffie word bedien vanaf 17:30.
Pannekoek sal ook te koop wees (R5 vir kaneelsuiker en R15 vir Maalvleis vulsel).