Family friendly

Kom Laat Ons Dans en Sing Vol. 2

Tue Oct 25, 18:30 - Tue Oct 25, 20:30

JvR-Skoolsaal

ABOUT

’n Musiekteater-Skouspel

Na verlede jaar se uiters suksesvolle vertoning van Kom Laat Ons Sing, bring Hoërskool Jan van Riebeeck die nuwe “verbeterde” musiekteaterbelewenis van 2022: Kom laat ons Dans en Sing, vol. 2.


Kom laat ons Dans en Sing, vol. 2 is propvol bekende treffers van The Sound of MusicLes MisérablesDreamgirls, The Greatest Showman, asook ’n paar nuwe musiekteateruittreksels van Hamilton, In the Heights en die geliefde ENCANTO. Met soveel meer as net musiek, dans en teateruitbeeldings is hierdie ’n prettige en vreugdevolle aand vir die hele gesin.

Kom geniet kultuur op sy beste en vertrek op ’n avontuur van teaterspel saam met die musiekteater-klub van die Hoërskool Jan van Riebeeck.


Kaartjies beloop R50 op die galery, R100 vir ’n kaartjie in die skip van Hoërskool Jan van Riebeeck se skoolsaal en R150 vir ’n kaartjie by ’n tafel (wat ook ’n verwelkomingsdrankie insluit). Bring gerus u eie piekniekmandjie en geniet versnaperings ten tyde van mooi musiek en uitmuntende teaterspel. Daar sal ook ’n kontantsnoepie beskikbaar wees.

Met choreografie deur Rushney Ferguson en Regina Malan as musiekregisseur, is hierdie nog ‘n produksie van die regisseurs van die onlangse suksesvolle opvoering van Hairspray in die Baxter teater.

Moenie hierdie vertoning misloop nie!

Onthou: Dit is “One Night Only”!

DIRECTIONS

Kom Laat Ons Dans en Sing Vol. 2
JvR-Skoolsaal
129 Kloof St, Gardens, Cape Town, 8001
Get Directions